Verskil tussen weergawes van "Libië"

1 greep bygevoeg ,  11 jaar gelede
k
Typo
(→‎Ekonomie: Lêer)
k (Typo)
Elke vier jaar verkies die lede van die Plaaslike Volkskongresse hulle eie leiers en sekretarisse vir die Volkskomitees, somtyds na afloop van debattering en 'n beslissende verkiesing. Die leierskap van die Plaaslike Volkskongres verteenwoordig die plaaslike kongres by die Volkskongres op die volgende vlak. Die lede van die Nasionale Algemene Volkskongres verkies die lede van die Nasionale Algemene Volkskomitee (die Kabinet) tydens hulle jaarlikse vergadering.
 
Die regering beheer beide staatsbeheerde en semi-selfbesturende media. In [[1977]] het Ghaddafi verklaar: "Die pers is 'n wyse waardeur die gemeenskap hulself kan uitdruk: dit is nie 'n wyse van uitdrukking vir private individue of regspersoonlike liggame nie".<ref name="mediacont">''CommiteeCommittee to Protect Journalists: Special Report 2006'' (2 Mei 2006). [http://www.cpj.org/censored/ "North Korea Tops CPJ list of '10 Most Censored Countries'"]. Verkry op 19 Julie 2006.</ref>
 
Politieke partye is deur die 1972 Verbodsbepaling op Partypolitiek Akte Nommer 71 verban.<ref>Case Study: Libya, (2001), [http://poli.vub.ac.be/cbw/cbw/003020100.html "Political Culture"], ''Educational Module on Chemical & Biological Weapons Nonproliferation''. Verkry op 14 Julie 2006.</ref> Volgens die Verenigingsakte van 1971 word die stigting van nie-regeringsorganisasies wel toegestaan. Omdat daar van hulle vereis word om aan die doele van die revolusie te voldoen, is die getalle kleiner as dié in buurlande. Daar is geen [[vakbond]]e nie,<ref>Hodder, Kathryn, (2000), [http://www.socialwatch.org/en/informesTematicos/20.html "Violations of Trade Union Rights"], ''Social Watch Africa''. Verkry op 14 Julie 2006.</ref> maar verskeie professionele verenigings is by die staatstruktuur geïntegreer as 'n derde pilaar, saam met die Volkskongresse en -komitees. Hierdie verenigings het nie die reg om te staak nie. Professionele verenigings stuur afgevaardigdes na die Algemene Volkskongres, waar hulle 'n verteenwoordigende mandaat het.
1 665

wysigings