Verskil tussen weergawes van "Gondwana"

12 grepe bygevoeg ,  10 jaar gelede
k
robot Bygevoeg: szl:Gůndwana; cosmetic changes
k (robot Bygevoeg: szl:Gůndwana; cosmetic changes)
:''Die artikel handel oor die antieke superkontinent, Gondwana. Vir die streeek in [[Indië]] genaamd Gondwana, kyk [[Gondwana (Indië)]].''
:''Vir die Australiese musiekgroep Gondwanaland, kyk [[Gondwanaland (musiekgroep)]]''
[[ImageLêer:Laurasia-Gondwana.png|thumb|right|300px|[[Pangaea]] is gevrom deur die saamsmelting van twee kontinente, [[Laurasia]] en Gondwana]]
[[ImageLêer:Kuunga2.jpg|thumb|right|300px|[[Oos-Afrika Orogen|Oos-Afrika]] en [[Kuungan Orogen]]e]]
[[ImageLêer:Antieke kontinente.jpg|thumb|right|300px|550 Ma rekonstruksie wat die finale stadiums van saamstelling aantoon]]
Die suidelike [[superkontinent]] '''Gondwana''' (oorspronklik '''Gondwanaland''') het meeste van die landmassas van vandag se [[kontinent]]e van die [[suidelike halfrond]] ingesluit, insluitend [[Antarktika]], [[Suid-Amerika]], [[Afrika]], [[Madagaskar]], [[Indië]], [[Arabië]], [[Australië-Nieu-Guinee]] en [[Nieu-Seeland]]. Die saamstel van Gondwana was 'n uitgerekte proses wat begin het met die opbreek van die [[Pangea]] superkontinent. Verskeie afsonderlike [[orogenese|orogene]] gebeurtenisse het gelei tot die uiteindelike vereniging daarvan gedurende die 550-500 Ma interval. Dit het die [[Brasiliano Orogen]], die [[Oos-Afrika Orogen]] en die [[Kuungan Orogen]] ingesluit. Die finale stadiums van die Gondwana saamstelling het oorvleuel met die oopgaan van die [[Iapetus]] Oseaan tussen [[Laurentia]] en westelike Gondwana. Dit is ook tydens dieselfde tydinterval dat die [[Kambriese Ontploffing]] plaasgevind het.
 
Alhoewel Gondwana se middelpunt in die laat [[Paleosoïkum]] rofweg ooreengestem het met waar Antarktika vandag geleë is (by die uiterste suide van die aardbol), was die klimaat oor die algemeen matig. [[Indië]] bevat omtrent 3% van die wêreld se [[steenkool]]neerslae en meeste van die steenkool wat ontgin word is afkomstig uit die laat [[Paleosoïkum]] Gondwana afsettingsopeenvolging<!--sedimentary sequence-->. Gedurende die [[Mesosoïkum]] was gemiddelde wêreldtemperatuur heelwat hoër as vandag. Gondwana het toe vir miljoene jare gasheer gespeel vir 'n reuse verskeidenheid flora en fauna.
 
Die superkontinent het in die laat [[Jura]]<!--Jurassic--> (omtrent 160 miljoen jaar gelede) begin opbreek toe [[Afrika]] weggebreek het en stadig noordwaarts begin dryf het. Die volgende groot blok wat sou wegbreek is Indië, in die vroeë [[Kryttydperk]] (omtrent 125 miljoen jaar gelede). Nieu-Seeland het omtrent 80 miljoen jaar gelede gevolg, slegs omtrent 15 miljoen jaar voor die [[Kryt-Tersiêre uitsterwing<!--Cretaceous-Tertiary extinction event-->]] toe omtrent 50% van alle spesies op die planeet uitgewis is waaronder die bekendste die uitsterf van die [[dinosourus]]se is.
Met die begin van die [[Kainosoïkum|era van die soogdiere]] het die kontinent [[Australië-Nieu-Guinee]] geleidelik begin afskei en noord begin beweeg (55 miljoen jaar gelede). Dit het om sy as begin draai en sodoende vir lank 'n verbintenis met die res van Gondwana bewaar.
 
Omtrent 45 miljoen jaar gelede het die [[Indië-subkontinent]] met Asië gebots en die aardkors gedwing om krom te trek en die [[Himalaja]] te vorm. Teen omtrent dieselfde tyd het die mees suidelike deel van [[Australië]] (moderne [[Tasmanië]]) uiteindelik van wat nou [[Antarktika]] is weggebreek om vir die eerste keer toe te laat dat [[seestroom|seestrome]] tussen die twee kontinente vloei. Dit het weer koeler en droër klimate op die twee landmassas veroorsaak.
 
'n Baie belangriker wêreldklimaatgebeurtenis was egter die wegbreek van [[Suid-Amerika]] van Antarktika een of ander tyd gedurende die [[Oligoseen]], moontlik 30 miljoen gelede. Met die oop gaan van die [[Drakedeurgang]] was daar nou geen versperring wat die koue water van die [[Suidelike Oseaan]] noord dwing om met die warmer tropiese water geruil te word nie. Inplaas daarvan het 'n koue [[sirkumpolêre stroom]] ontwikkel en het Antarktika geword wat dit vandag is: 'n yskoue kontinent wat 'n groot deel van die wêreld se varswater as ys opsluit. Seetemperatuur het met byna 10 grade geval en die wêreldklimaat baie kouer geword.
 
Omtrent 15 miljoen jaar gelede het Nieu-Guinee met suidelike [[Asië]] begin bots en weereens hoë berge opgedruk. Selfs meer onlangs het [[Suid-Amerika]] aan [[Noord-Amerika]] geheg geraak deur die [[Panamalandengte]]. Dit het veroorsaak dat die sirkulasie van warm water versper is wat gelei het tot die skepping van die [[Arktiese gebied]].
 
Die kontinent het sy naam, by [[Eduard Suess]] gekry en is vernoem na [[Gondwana (Indië)|Gondwana]] in Indië, letterlik "Land van (wana) die Gonde". Die Gondwana afsettingsopeenvolgings<!--sedimentary sequences--> (Permies-Triassies) word ook in die Indiê afdeling verduidelik.
 
== Kyk ook ==
 
* [[Alfred Wegener]]
* [[Pool dinosourusse in Australië]]
 
== Eksterne skakels ==
 
*[http://earth.leeds.ac.uk/~greg/Gond.html Animasie wat die opbreek van Gondwanaland vertoon]
*[http://kartoweb.itc.nl/gondwana/index.asp Nog 'n animasie]
* Grafiese onderwerpe wat oor [[Tectonika]] en [[Paleontologie]] handel: http://www.scotese.com/earth.htm
 
{{Kontinente}}
 
[[Kategorie:Geologie]]
[[Kategorie:Historiese kontinente]]
[[sr:Гондвана]]
[[sv:Gondwana (kontinent)]]
[[szl:Gůndwana]]
[[tr:Gondvana]]
[[uk:Гондвана]]
47 613

wysigings