Verskil tussen weergawes van "Vulgêrlatyn"

972 grepe bygevoeg ,  12 jaar gelede
k
+ iw
k
k (+ iw)
[[Lêer:pompeii-graffiti.jpg|thumb|right|Vulgêrlatyn, soos dit in hierdie politieke graffiti in Popeji gebruik is, was die gesproke taal van die [[Romeinse Ryk]] wat duidelik van die literêre "klassieke" Latyn verskil het]]
Die term '''Vulgêrlatyn''' verwys in die taalwetenskap na die Latynse[[Latyn]]se spreektaal wat in baie opsigte van die geformaliseerde en verhewe literêre taal verskil het. Die laasgenoemde is blykbaar dikwels as 'n kunstaal ervaar.<ref>Andreas Michel: ''Einführung in das Altitalienische''. Tübingen: Gunter Narr Verlag 1997, bl. 20</ref>
 
Nogtans sou dit misleidend wees om Vulgêrlatyn bloot as 'n "plat" of "onbeskaafde" variant van Latyn te definieer. Die term is afgelei van die Latynse adjektief ''vulgaris'' wat letterlik "gewoon, van die volk" beteken, en ''sermo vulgaris'' was dus die Latynse volks- of omgangtaal, net soos die huidige Italiaanse ''volgare'' in sy historiese betekenis na die lewende Italiaanse taal verwys wat met die uitgestorwe klassieke Latyn kontrasteer.
 
Vulgêrlatyn verwys ook nie na 'n laat taalperiode van Latyn nie aangesien hierdie taalvariant al in die vroeë komedies van digters soos Plautus en Publius Terentius Afer voorgekom het. Taalwetenskaplikes gaan dus daarvan uit dat die skeiding tussen gesproke en geskrewe Latyn reeds in 'n vroeë periode begin het en later deur die invloede van gelatiniseerde [[Kelte]] en [[Germane]] nog versterk is. Hierdie proses het uiteindelik in die vroeë [[Middeleeue]] tot die ontstaan van die Romaanse taalfamilie gelei.
 
Dit is dus duidelik dat ook Romeinse geleerdes soos die skrywer en retorikus Cicero tydens informele geselsies Vulgêrlatyn gepraat het, alhoewel hul taalvorm en -gebruik sekerlik van dié van 'n gewone soldaat of gladiator verskil het. Ook streeksgebonde taalkenmerke het waarskynlik 'n groter invloed op gesproke Latyn uitgeoefen en - tydens die agteruitgang van die laat-antieke Romeinse beskawing en toenemende ongeletterdheid selfs in Italië - die ontstaan van nuwe streektale bevorder wat in die Romaanse taalwetenskap as primêre dialekte van Vulgêrlatyn beskryf word.
== Verwysings ==
{{verwysings}}
 
[[an:Latín bulgar]]
[[bg:Простонароден латински език]]
[[bs:Latina vulgata]]
[[ca:Llatí vulgar]]
[[cs:Vulgární latina]]
[[cy:Lladin Llafar]]
[[da:Vulgærlatin]]
[[de:Vulgärlatein]]
[[el:Λαϊκή Λατινική γλώσσα]]
[[en:Vulgar Latin]]
[[eo:Vulgara latina]]
[[es:Latín vulgar]]
[[eu:Latin arrunt]]
[[fr:Latin vulgaire]]
[[gl:Latín vulgar]]
[[hr:Vulgarni latinski jezik]]
[[hu:Vulgáris latin]]
[[ia:Latino vulgar]]
[[id:Bahasa Latin Rakyat]]
[[it:Latino volgare]]
[[ja:俗ラテン語]]
[[ko:민중 라틴어]]
[[la:Sermo vulgaris]]
[[li:Vulgair Latien]]
[[nl:Vulgair Latijn]]
[[no:Vulgærlatin]]
[[pl:Łacina ludowa]]
[[pms:Latin volgar]]
[[pt:Latim vulgar]]
[[ro:Latina vulgară]]
[[ru:Народная латынь]]
[[sh:Vulgarni latinski jezik]]
[[simple:Vulgar Latin]]
[[sk:Ľudová latinčina]]
[[sl:Ljudska latinščina]]
[[sr:Вулгарни латински]]
[[sv:Vulgärlatin]]
[[zh:通俗拉丁语]]