Verskil tussen weergawes van "George II van Groot-Brittanje"

k
|naam = '''George II'''
|kleur = #ccf
|titel = ''Koning van Groot-Brittanje en van Ierland; <br />Keurvors van Brunswyk-Lüneburg''
|beeld =King_George_II_by_Charles_Jervas.jpg
|beeld_wydte = 232px
|2 = Koning van Groot-Brittanje en van Ierland
|opskrif3 = Regeer
|3 = [[11 Junie]] [[1727]] – <br />[[25 Oktober]] [[1760]]<ref name="dates">In hierdie artikel is datums ná 14 September 1752 volgens die [[Gregoriaanse kalender]] en vroeëre datums volgens die [[Juliaanse kalender]].</ref>
|opskrif4 = Gekroon
|4 = [[11 Oktober]] [[1727]]
}}
 
'''George II''' (George Augustus; Duits: Georg August; 10 November 1683<ref name="dates">In hierdie artikel is datums ná 14 September 1752 volgens die [[Gregoriaanse kalender]] en vroeëre datums volgens die [[Juliaanse kalender]].</ref> &ndash; 25 Oktober 1760) was van 11 Junie 1727 tot met sy dood koning van Groot-Brittanje en van Ierland, die Hertog van [[Brunswyk-Lüneburg]] en die Prins-keurvors van die [[Heilige Romeinse Ryk]].
 
Hy was die laaste Britse monarg wat buite [[Groot-Brittanje]] gebore is en was berug vir sy talle uitvalle met sy pa en later met sy seun. As koning het hy vroeg in sy bewind weinig beheer oor beleid uitgeoefen; die regering is beheer deur Groot-Brittanje se eerste de facto-premier, [[Robert Walpole|sir Robert Walpole]].
 
== Vroeë lewe ==
[[ImageLêer:Caroline of Ansbach2.jpg|thumb|left|Caroline van Ansbach]]
 
SKH<ref name="titel2">Sy Koninklike Hoogheid</ref> '''Hertog Georg August van Hannover''' is in [[Herrenhausen-paleis]] in [[Hannover]], ([[Duitsland]]), gebore. Hy was die seun van [[George I van Groot-Brittanje|Georg Ludwig]], toe die Erfprins van Brunswyk-Lüneburg, en sy vrou, [[Sophia van Celle]]. Sy ouers is in 1694 geskei.
Die Prins van Wallis het nie goed met sy pa oor die weg gekom nie. Toe die prins se vrou in 1717 die lewe skenk aan [[Prins George William van Groot-Brittanje|prins George William]], het hy op die doop daarop aangedring dat die [[Thomas Pelham-Holles|Hertog van Newcastle]] (vir wie die koning nie kon verdra nie) die doopgetuie moet wees, terwyl die koning sy broer, die [[Ernest Augustus, Hertog van York en Albany|Hertog van York en Albany]], verkies het. Toe hy sy pa in die openbaar uitskel, is hy tydelik gearresteer. Daarna het die koning hom [[St. James-paleis]], die koning se tuiste, verbied en hom van alle openbare seremonies uitgesluit.
 
== Politieke teenstand ==
Die Prins van Wallis het alles in sy mag probeer om teenstand teen koning George se beleidrigtings aan te moedig. Sy [[Londen]]se tuiste, Leicester House, het ’n bymekaarkomplek vir teenstanders van sy pa geword, onder andere sir [[Robert Walpole]] en [[Charles Townshend, 2de burggraaf Townshend|burggraaf Townshend]]. In 1720 het Walpole die koning en sy seun aangemoedig om vrede te maak.
 
== Bewind ==
[[ImageLêer:Frederick Prince of Wales.jpg|thumb|left|[[Frederick, Prins van Wallis]].]]
 
George II het koning geword ná sy pa se dood op 11 Junie 1727 en is op 4 Oktober in die [[Westminster-abdy]] gekroon, maar hy het steeds baklei – dié keer met sy seun en regmatige erfgenaam, [[Frederick, Prins van Wallis|prins Frederick]].
Op 25 Oktober 1760 is die koning dood aan ’n skeuring van die [[aorta]]. Hy is in [[Westminster-abdy]] begrawe en is opgevolg deur sy kleinseun, wat regeer het as [[George III van Groot Brittanje|George III]].
 
== Uitbeelding in rolprente ==
George is in rolprente uitgebeeld deur:
*[[Alexander Ekert]] in die Duiste stilprent ''Exzellenz Unterrock'' (1921), gebaseer op ’n roman deur [[Paul Adolf]]
*[[Clive Swift]] in die [[BBC]]-TV-dramareeks ''Aristocrats'' (1999)
 
== Bronne ==
*[http://www.bbc.co.uk/history/historic_figures/george_ii_king.shtml British Broadcasting Corporation. (2004). "George II."]
*"George II." (1911). ''Encyclopædia Britannica,'' 11de uitg. Londen: Cambridge University Press.
[[gl:Xurxo II de Gran Bretaña]]
[[he:ג'ורג' השני, מלך בריטניה]]
[[hi:जॉर्ज द्वितीय, इंगलैंड]]
[[hr:Đuro II., kralj Velike Britanije i Irske]]
[[hu:II. György brit király]]
47 701

wysigings