Verskil tussen weergawes van "Pous Honorius III"

k
robot Bygevoeg: he:הונוריוס השלישי; cosmetic changes
k (robot Bygevoeg: he:הונוריוס השלישי; cosmetic changes)
{{Inligtingskas Pous
|Afrikaanse naam=Pous Honorius III
|beeld=[[ImageLêer:B Honorius III3.jpg|150px]]
|wapen=[[ImageLêer:C o a Onorio IV.svg|150px]]
|geboortenaam=Cencio Savelli
|termyn_begin=[[18 Julie]] [[1216]]
|termyn_einde=[[18 Maart]] [[1227]]
|voorganger=[[Pous Innocentius III |Innocentius III]]
|opvolger=[[Pous Gregorius IX|Gregorius IX]]
|geboortedatum=[[1148]]
'''Honorius III''' was die 177ste [[pous]] van die [[Rooms-Katolieke Kerk]] van [[1216]] tot [[1227]].
 
== Biografie ==
'''Pous Honorius III'''<ref>Honorius III. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.</ref> is gebore as '''Cencio Savelli''' in [[1148]] in [[Rome]], [[Italië]], die seun van Aimerico. Daar bestaan twyfel of die familienaam Savelli korrek is.<ref>[http://www.fiu.edu/~mirandas/bios1193.htm#Cencio: The Cardinals of the Holy Roman Church - Biographical Dictionary]</ref> Aan die begin van sy loopbaan was hy kanunnik van Santa Maria Maggiore en word kamenier van die Roomse Kerk in Desember [[1189]]. Op [[20 Februarie]] [[1193]] benoem [[Pous Celestinus III]] hom as kardinaal-diaken van St. Lucia in Sisilië. Onder [[Pous Clemens III]] en [[Pous Celestinus III]] was hy skatmeester van die kerk en skryf hy die "Liber Censuum" 'n opname van die vaste bates van die Kerk. Van [[1194]] tot [[1198]] was hy vise-kansellier. In [[1197]] word hy tutor van die toekomstige keiser Frederik II wat die pleegseun was van [[Pous Innocentius III]]. Hy word kardinaal-priester op [[13 Maart]] [[1200]] met die titel van Heilige Johannes en Paulus. Op [[18 Julie]] [[1216]] volg hy [[Pous Innocentius III]] op en regeer tot sy dood op [[18 Maart]] [[1227]]. Hy word opgevolg deur [[Pous Gregorius IX]].
Die naam ‘Honorius’ beteken 'eerbare'.
 
== Pontifikaat ==
=== Verkiesing ===
[[ImageLêer:Honorius3.JPG|266px|thumb|left|Pous Honorius III deur Giotto di Bondone.]]
Op [[18 Julie]] [[1216]] het al die kardinale wat by [[Pous Innocentius III]] se dood teenwoordig was <ref> Die aantal word verskillend as tussen 19[http://www.newadvent.org/cathen/07457a.htm] en 27[http://www.fiu.edu/~mirandas/conclave-xiii.htm#1216] aangegee, maar 25 of 27 lyk die mees waarskynlike.</ref> in Perugia bymekaar gekom om 'n nuwe pous te kies. Weens die staatsprobleme in Italië, die bedreiging van die Tartare en die moontlikheid van kerkskeuring aanvaar die kardinale 'n kompromie-oplossing. Kardinale Ugolino van Ostia (later [[Pous Gregorius IX]]) en Guido van Praeneste is aangestel om die nuwe pous te kies. Hulle kies toe Cencio "Camerario" wat die keuse onwillig aanvaar het en die naam '''Pous Honorius III'''<ref>Ott, Michael. "Pope Honorius III." The Catholic Encyclopedia. Vol. 7. New York: Robert Appleton Company, 1910. 17 Aug. 2008 <http://www.newadvent.org/cathen/07457a.htm>.</ref> aanneem. Hy is bevestig in Perugia op [[24 Julie]] [[1216]], in [[Rome]] gekroon op [[31 Augustus]] [[1216]] en neem sy intrek in die Lateraanse paleis op [[3 September]] [[1216]].
 
=== Die vyfde kruistog ===
[[ImageLêer:Portrait of Honorius III - Apse Mosaic of the Basilica of Saint Paul Outside the Walls - Roma - Italy.jpg|thumb|right|250px|Honorius III: detail van 'n mosaïek in die apsis van die basiliek St. Paulus buite die mure. (1220) Rome, Italië]]
Die vyfde kruistog is aangekondig deur die vierde Lateraanse konsilie van [[1215]] en Honorius het voorbereidings getref om die kruistog in [[1217]] te laat begin. Om genoeg geld te bekom sou die pous en die kardinale 'n tiende en alle ander geestelikes 'n twintigste deel van hulle inkomste vir die doel bydra. Hoewel die bedrag wat sodoende bekom is, aansienlik was, was dit geensins genoeg nie.
Dit het gelyk of die kruistog 'n sukses sal word toe die pous vir Pierre de Courtenay as Latynse keiser van [[Konstantinopel]] kroon in April [[1217]], maar die nuwe keiser is gevange geneem op sy reis na die Ooste en sterf in gevangeskap. Die keiser Frederik II se deelname was noodsaaklik om die kruistog 'n sukses te maak. Hoewel die keiser 'n eed gesweer het om na die Heilige Land te vertrek in [[1217]], het Frederik getalm en die pous moes die kruistog keer op keer uitstel. Op [[22 November]] [[1220]] is Frederik gekroon as keiser van die [[Heilige Romeinse Ryk]], maar die keiser het steeds nie op kruistog vertrek nie. Damietta het op [[8 September]] [[1221]] geval, maar die meeste Europese vorste het hulle eie oorloë gehad om te voer en kon nie lank hulle eie lande verlaat nie. Andries II van Hongarye en 'n vloot van kruisvaarders van die Benede-Ryn vertrek uiteindelik na die Heilige Land. Hulle herower Damietta, maar as gevolg van interne struwelinge misluk die kruistog uiteindelik. Uiteindelik word op [[24 Junie]] [[1225]] besluit as die datum waarop Frederik na die Heilige Land sou vertrek en Honorius het die keiser se huwelik met Isabella, erfgenaam van die koninkryk van Jerusalem bespoedig. Die verdrag van San Germano in Julie [[1225]] het egter vir nog twee jaar vertraging gesorg. Honorius is uiteindelik dood voordat die kruistog vertrek het.
 
=== Die situasie in Engeland ===
Sedert [[Pous Innocentius III]] was Engeland 'n vassaalstaat van die pous. Koning Jan sonder Land sterf op [[16 Oktober]] [[1216]] en sy tienjarige seun Hendrik III is sy opvolger. Die Engelse baronne was in opstand teen koning Jan en het die kroon aan Lodewyk, seun van die Franse koning Philip aangebied. Honorius het sy legaat Gualo opdrag gegee om by die baronne aan te dring dat hulle hulle wettige koning moet ondersteun en het hom (Gualo) die mag gegee om enigiemand wat aanhou om Lodewyk te ondersteun, te ekskommunikeer. Op [[19 Januarie]] [[1217]] skryf die pous aan William, hertog van Pembroke, wat die jong koning se voog en regent was, om oorlog te verklaar teen die opstandige baronne en prins Lodewyk. Hierdie maatreëls het daartoe gelei dat Hendrik as onbestrede koning van Engeland erken is op [[11 September]] [[1217]]. Toe Pembroke in Mei [[1219]] sterf, het Honorius self die de facto regering van Engeland geword deur sy legaat Pandulf wat Gualo opgevolg het. Die situasie het voortgeduur solank as wat Hendrik minderjarig was.
 
=== Verdere Werk ===
Behalwe vir die herowering van die Heilige Land het die pous die [[Kathare]] vervolg. Hy het Simon de Montfort bevestig as die heerser oor die gebied van Raymond VI van [[Toulouse]] en het dit reggekry om die Franse koning by die konflik te betrek. Avignon is verower in weerwil van Frederik II se aansprake op die stad.
[[BeeldLêer:Giotto di Bondone 073.jpg|thumb|left|250px|Franciscus van Assisi preek tot Honorius III (deur Giotto di Bondone, 1296-98)]]
Honorius III het die orde van die Dominikane goedgekeur in die bul "Religiosam vitam" op [[22 Desember]] [[1216]] en die Franciskane in die bul "Solet annuere" op [[29 November]] [[1223]]. In [[1221]] keur hy die Orde van die Franciskane Sekuliere (O.F.S.) goed in die bul "Memoriale Propositi" en op [[30 Januarie]] [[1226]] die orde van die Karmeliete met die bul "Ut vivendi normam". Hy gee ook goedkeuring aan die "Val des Ecoliers", 'n groep gevorm deur vier vrome professore in die teologie aan die Universiteit van Parys.
 
In [[1217]] verleen Honorius die titel van koning aan Stefan I van Serwië. Op [[17 Mei]] [[1218]] verklaar hy William, aartsbiskop van Bourges heilig, op [[18 Februarie]] [[1220]] Hugo, biskop van Lincoln, op [[21 Januarie]] [[1224]] William, ab van Roschild in [[Denemarke]] en op [[18 Maart]] [[1226]] William, aartsbiskop van York.
 
== Bibliografie ==
*Duff, Eamon (2001). ''Saints and Sinners: A History of the Popes'', Yale University Press. ISBN 03000916560-300-09165-6.
*Maxwell-Stuart, P. G. (2002). ''Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present'', Thames & Hudson. ISBN 05000179800-500-01798-0.
 
== Verwysings ==
{{reflist}}
 
== Eksterne Skakels ==
{{En-Wikisource info|Catholic Encyclopedia (1913)/Pope Honorius III}}
*{{CE|http://www.newadvent.org/cathen/07457a.htm}}
{{Commons|Honorius III}}
 
== Nota ==
Saamgestel en vertaal uit die [[:nl:Paus Honorius III|Nederlandse]], [[:en:Pope Honorius III|Engelse]], [[:de:Honorius III.|Duitse]] en [[:fr:Honorius III (pape)|Franse]] wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
 
== Opvolging ==
{{s-start}}
{{s-bef|voor=[[Pous Innocentius III|Innocentius III]]}}
47 697

wysigings