Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

k
Teen die einde van 1958 was daar in die DDR meer as 300 000 televisietoestelle geregistreer. Vanaf 7 Oktober 1958 is herhalings van programme ook in die voormiddae uitgesaai sodat skofwerkers dit kon kyk. Op die volgende dag is een van die gewildste DFF-kleuterprogramme, ''Das Sandmännchen'' ("Die Sandmannetjie"), ingevoer. Hierdie program is later ook na ander lande verkoop en selfs ná die DFF se ontbinding in 1991 steeds deur ander kanale uitgesaai.
 
Gereelde kleurtelevisieprogramme is op 3 Oktober 1969 ter geleentheid van die 20ste verjaardag van die DDR op 7 Oktober ingevoer. Die kleurkodering is volgens die Franse [[SECAM|SECAM-standaard]] deurgevoer - 'n bewuste afwyking van die Wes-Duitse [[PAL|PAL-standaard]]. Slim tegnici het egter vinnig begin om Oos-Duitse televisietoestelle met PAL-modules, wat uit die weste verkry is, te modifiseer. In die laaste jare van die DDR is toestelle, wat vir PAL-kleurontvangs toegerus was, ook in winkels verkoop. Kleurprogramme was aanvanklik beperk tot die nuutgestigte tweede kanaal ''DFF 2'', en met die invoering van hierdie tweede uitsaaier het ook die sendtyd drasties toegeneem.
 
 
99 545

wysigings