Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

k
Toe die uitsaaibedryf nog deur die staat beheer is, is op 1 September 1989 met ''Elf 99'' (die naam was n verwysing na die destydse poskode van Berlyn-Adlershof, 1199) 'n nuwe program geloods wat veral op jonger toeskouers gemik was. Die eenheidsparty SED het hiermee 'n poging onderneem om meer Oos-Duitse jongmense van westelike media weg te lok.
 
In laat Oktober 1989 is die eerste nuusberigte oor massavlugte en betogings uitgesaai - 'n voorheen ongekende oopheid en vryheid van die media is ingelui. Op 18 Oktober 1989 het [[Erich Honecker]] en ander lede van die gesagvoerende Politburo van die Sentrale Komitee van die SED bedank. Oos-Duitse radio- en telvisiestasiestelevisiestasies het hul programme onmiddellik daarna hervorm, Die politieke propagandaprogram ''Der schwarze Kanal'', wat deur Karl-Eduard von Schnitzler aangebied is, is op 30 Oktober 1989 gestaak.
 
Die nuusbulletin ''Aktuelle Kamera'' is as ''AK Zwo'' ("AK Twee") uitgesaai. Later is hierdie bulletin tydens die opening van die grense tussen Wes- en Oos-Duitsland ook deur die openbare Wes-Duitse uitsaaier ''3sat'' oorgeneem. In Februarie 1990 het die kanaal DFF self 'n lid van 3sat, wat programme uit Duitsland, [[Switserland]] en [[Oostenryk]] uitsaai, geword.
99 371

wysigings