Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

k
 
Met die laaste ontbindingsfase is die DFF op 31 Desember 1991 om middernag afgeskakel. In sy toespraak, wat om 7:50 nm op Oujaarsaand uitgesaai is, het Rudolf Mühlfenzl die ontbinding van die DFF nog eens verdedig.
 
=== Die opvolgers ===
[[Lêer:Studio Berlin Studios A-F.jpg|thumb|Die ateljees A tot F word tans deur ''Studio Berlin'' gebruik]]
Die DFF-ontbinding het tot sy afskakeling steeds omstrede gebly. Nie net medewerkers nie, maar ook talle toeskouers was ten gunste van die behoud van die DFF en sy programme. Naas vermaak- en verbruikersprogramme het ook politieke programme ná die einde van die SED-oorheersing gewild geraak. Die voorstel dat televisie en radio in die Oos-Duitse deelstate deur 'n nuwe korporasie binne die ARD-stelsel uitgesaai sou word en die ''DFF Länderkette'' openbare streeksgebonde kanale sou beeldsend (histories die sogenaamde "derde programme naas ARD, die eerste Duitse kanaal, en ZDF, die tweede kanaal), is nie gevolg nie. Ná dekades van gesentraliseerde mediabeleid in Oos-Duitsland het 'n federale, gedesentraliseerde stelsel voorkeur gekry.
 
Die deelstate Sakse, Sakse-Anhalt en Thüringen het al vroeg ooreengekom op die stigting van 'n gemeenskaplike uitsaaikorporasie met sy hoofkwartier in Leipzig, die ''Mitteldeutscher Rundfunk (MDR)'' wat op 31 Mei 1991 in die lewe geroep is.
 
Vir die noordooste van Duitsland is 'n aantal voorstelle gemaak wat op die stigting van 'n gemenskaplike uitsaaier vir óf die deelstate Berlyn, Brandenburg en Mecklenburg-Voorpommere, óf die deelstate Berlyn en Brandenburg sou uitgeloop het. Uiteindelik is daar egter geen ooreenkoms bereik nie, en terwyl Mecklenburg-Voorpommere by die ''Norddeutscher Rundfunk (NDR)'' van die deelstate Hamburg, Sleeswyk-Holstein, Hamburg en Nedersakse aangesluit het, het die Wes-Berlynse uitsaaier ''Sender Freies Berlin (SFB)'' nou programme vir die hele Berlyn gebeeldsend, terwyl Brandenburg op 12 Oktober 1991 sy eie uitsaaier, die ''Ostdeutscher Rundfunk'', later ''Ostdeutscher Rundfunk Brandenburg (ORB)''.
 
Die nuwe uitsaaiers het hul programme vanaf 1 Januarie 1992 gebeeldsend. Die tegniese geriewe van die DFF is deur hulle oorgeneem, terwyl die ''Duitse Omroepargief'' (''Deutsches Rundfunkarchiv, DRA'') in Frankfurt am Main die programargief bestuur het. Tans word die argief in 'n nuwe DRA-program in Potsdam-Babelsberg bewaar. Van die oorspronklik ruim 10 000 medewerkers het talle nuwe werksgeleenthede by die opvolgers in Oos-Duitsland asook openbare en privaat uitsaaiers in Wes-Duitsland gevind.
 
[[Kategorie:Uitsaaikorporasies]]
99 545

wysigings