Verskil tussen weergawes van "Knie"

1 greep verwyder ,  11 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
(+ info uit http://nl.wikipedia.org/w/index.php?title=Knie_(anatomie)&oldid=17823399)
 
 
Ook word gereeld met die knie die gebied van die been bedoel wat hierdie verbinding insluit en steun, dus ook die omliggende [[weefsel]]. Die bewegings van die knie verloop soepel deur middel van [[kraakbeen]]. Die dun, elastiese weefsel, kraakbeen, beskerm die bot en sorg dat die gewrigsvlakke gemaklik oor mekaar kan gly. Daar kan twee soorte gewrigskraakbeen in die knie onderskei word, naamlik fibreuse kraakbeen (meniskus) en hyaliene kraakbeen.
 
 
Die voor-terugwaartse stabiliteit in die kniegewrig word veral deur kruislingse bande (die kruisbande) bereik wat die bo- en onderbeen verbind. Die sywaartse stabiliteit word deur die kollaterate bande gewaarborg. 'n Soepel skarnier van bobeen ten opsigte van die onderbeen word bereik deurdat die knie in 'n kapsel omvat is, asook deur die aanwesigheid van kraakbeenskywe tussen die skarnierende botdele (die menisci).
15 452

wysigings