Verskil tussen weergawes van "Pous Eleuterus"

k
robot Bygevoeg: cy:Pab Eleutherius; cosmetic changes
k (robot Verander: lt:Eleuterijus)
k (robot Bygevoeg: cy:Pab Eleutherius; cosmetic changes)
[[imageLêer:Eleutherius.jpg|250px|thumb|right|Pous Eleuterus]]
'''Eleuterus''' was die dertiende [[pous]] van die [[Rooms-Katolieke Kerk]].
 
== Biografie ==
Pous Eleuterus is gebore in [[Nicopolis]] in [[Epirus]] ([[Griekeland]]) en oorlede op [[24 Mei]] [[185]] of [[193]]. In [[171]] of [[177]] volg hy [[Pous Soter]] op en word na sy dood opgevolg deur [[Pous Victor I]]. Hy is pous tydens die keiserlike bewind van [[Marcus Aurelius]] en [[Commodus]]. Sy tydgenoot [[Hegesippus]] skryf dat hy ‘n [[diaken]] was in die gemeente van [[Rome]] tydens [[Pous Anicetus]] en [[Pous Soter]]. Die naam Eleuterus beteken ‘bevryder’.
 
== Pontifikaat ==
Die [[Liber Pontificalis]] beweer dat hy ‘n briefwisseling gevoer het met ‘n Britse koning [[Lucius van Brittanje]], wat homself wou bekeer tot die [[christendom]]. Daar is egter min bewys vir die stelling (Lees [[:en:Pope Eleuterus|hier]] meer in Engels).
 
Gedurende sy pontifikaat probeer hy vergeefs om eenheid in die Kerk te bewerkstellig, maar moet uiteindelik die [[gnostici]] soos die [[montaniste]], die [[marcioniste]] en die [[valentiniste]] uit die Kerk verban.
 
=== Eleuterus en die [[Montaniste]] ===
Die [[Montaniste]] het hulle oorsprong in [[Klein-Asië]] en verbrei na [[Rome]] en [[Gallië]] in die tweede helfte van die 2de eeu, rond die bewind van Eleuterus. Die besondere aard van die kettery het dit moeilik gemaak vir die [[Christene]] om standpunt daarteen in te neem. Gedurende die geweldadige vervolgings in [[Lyon]] in [[177]] het plaaslike aanhangers uit die gevangenis oor die nuwe beweging aan die gemeentes in [[Klein-Asië]] en [[Frigië]] en ook aan Pous Eleuterus geskryf. Die boodskapper was ouderling [[Irenaeus]] later [[biskop]] van [[Lyon]]. [[Eusebius]] beweer dat die Christene in Lyon, hoewel gekant teen die [[Montaniste]], geduld bepleit het om kerkeenheid te bewaar.
 
Presies wanneer die [[Rooms-Katolieke Kerk]] sterk standpunt teen die [[Montaniste]] ingeneem het, is nie bekend nie. [[Tertulianus]] beweer dat ‘n biskop van [[Rome]] ‘n paar versoenende briewe aan die [[Montaniste]] geskryf het, maar dat die briewe later teruggetrek is.
 
In [[Rome]] het die [[Gnostisisme|Gnostici]] en die [[Montaniste]] aangehou om teen die [[Rooms-Katolieke Kerk]] te preek. Pous Eleuterus het toe (waarskynlik) ‘n dekreet uitgevaardig waarin staan dat geen soort voedsel vir Christene onaanvaarbaar is.
 
== Verering ==
Dit is moontlik dat Eleuterus ‘n martelaar was. Hy word as heilige in die [[Rooms-Katolieke Kerk]] vereer. Sy feesdag is [[26 Mei]]. Hy is oorspronklik begrawe in [[Vatikaanstad]] naby [[Petrus]]. Later is liggaam oorgebring na die kerk [[San Giovanni della Pigna]] naby die [[Pantheon]]. In [[1591]] is sy stoflike oorskot opnuut verskuif na die kerk [[Santa Susanna]] op versoek van [[Camilla Peretti]] die suster van [[Pous Sixtus V]].
 
== Webskakels ==
{{CE|http://www.newadvent.org/cathen/05378a.htm}}
{{BBKL|http://www.bautz.de/bbkl/e/eleutherius_p.shtml}}
 
== Verwysings ==
 
== Nota ==
Saamgestel uit die [[:nl:Paus Eleuterus|Nederlandse]], [[:en:Pope Eleuterus|Engelse]], [[:de:Eleutherus|Duitse]] en [[:fr:Éleuthère|Franse]] wiki's.
 
[[ceb:Papa Eleuterio]]
[[cs:Eleutherus]]
[[cy:Pab Eleutherius]]
[[da:Pave Eleuterius 1.]]
[[de:Eleutherus]]
47 775

wysigings