Verskil tussen weergawes van "Odin"

2 grepe bygevoeg ,  12 jaar gelede
No edit summary
Odin/Wodan dateer uit die ystydperk. In hierdie tyd lek die oerkoei [[Audumla]] die reus [[Búri]] los uit die ys. Hierdie Búri is die stamvader van alle Gode. Uit [[Búri]] het [[Borr]] gekom en hy en die vroulike reus Bestla kry drie seuns: Odin/Wodan, [[Vili]] en [[Vé]]. Dit was die eerste Gode. Hulle het die eerste twee mense geskape, nl. [[Ask en Embla]]. Talle Germaanse koningsgeslagte (byvoorbeeld Volsung) beweer dat hulle van Odin/Wodan afstam.
 
Odin/Wodan vorm ’n goddelike drie-eenheid met Vile en Vé. Sommige bronne vermeld egter ’n drie-eenheid met [[Hoenir]] en [[Lodur]].
 
==Einddoel==
Odin/Wodan berei homself voor vir die einde van die wêreld: [[Ragnarok]]. Krygers wat tydens hulle aardse lewe in die stryd gesterf het, word in die Einherier (elitekorps) opgeneem. Hierdie Einheri’s oefen elke dag. Wanneer die einde van die wêreld kom, sal hierdie leër saam met die Gode veg teen duistere magte onder leiding van [[Loki]]. In die Ragnarok kom Odin/Wodan te staan teen [[Fenrir]], die Bose Wolf. Odin/Wodan verloor egter hierdie tweestryd, maar die dapper seun van Odin/Wodan, [[Vanir]], neem wraak deur Fenrir dood te maak.
Anonieme gebruiker