Verskil tussen weergawes van "Odin"

118 grepe bygevoeg ,  12 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
No edit summary
No edit summary
[[Beeld:Georg von Rosen - Oden som vandringsman, 1886 (Odin, the Wanderer).jpg|thumb||right|''Georg von Rosen - Oden som vandringsman'', 1886 (Odin die wandelaar)]][[File:Odin, the Allfather by H. L. M.jpg|thumb|Odin, se twee rawrawe ([[Huginn en Muninn]]) en sy twee wolwe (Geri and Freki)]][[Beeld:Odhin thron.jpg|thumb|Scan van het boek "Walhall", Felix und Therese Dahn, 1888]]'''Odin''' ([[Oudnoords]]: '''Óðinn''', [[Sweeds]] en [[Deens]]: '''Oden''') word gesien as die oppergod in die [[Germaanse godsdiens]]. Wes-Germaanse name van Odin is '''Weda''' (Oud-[[Oudfries|Fries]]), '''Woden''' ([[Angelsaksies]] en [[Oudsaksies]]), '''[[Wodan]]''' (Oud-[[Frankies]]), '''Wuodan''' ([[Alemannen|Alemannies]]), '''Wotan''' of '''Wothan''' ([[Germaanse talen|Germaans]]) en '''Guodan''' ([[Lombardies]]).
[[File:Odin oder Wodan (1832) from Die Helden und Götter des Nordens, oder Das Buch der sagen.jpg|thumb|left|Odin of [[Wodan]] (1832)]]In Afrikaans, Nederlands, Engels, Sweeds, Noors en Deens is 'Woensdag' na hierdie God vernoem. In Duits was Woensdag aanvanklik ook bekend as 'Wotanstag', maar onder invloed van die Christelike Kerk het dit uiteindelik 'Mittwoch' (Midweek) geword.
 
 
==Wysheid==
Odin/Wodan is beskou as ’n Alwetende en Alwyse God. Hy het ook bekend gestaan as Alvader of Almagtige Vader. Odin/Wodan was die Oppergod van die Germane en daar is met ontsag oor hom gepraat. Vir Odin was kennis mag en het hy voordurend gesoek en gestreef na Kennis en Waarheid. Vir hierdie drang na kennis moes hy 'n oog afstaan aan die dwerg [[Mimir]] om uit die Bron van Wysheid te kon drink. Odin/Wodan sou ook 9 dae lank aan die Wêreldboom [[Yggdrasill]] gehang het as 'n self-offer vir die verkryging van die Geheim van Kennis. Hy sou homself ook met 'n spies gesteek het terwyl hy aan die boom gehang het (selfkastyding). Odin/Wodan het ook belend gestaan as die Wandelaar (Wand = heilige staf). Die staf is 'n simbool vir wysheid en mag.
==Kenmerke==
Odin/Wodan word aan die volgende herken: Hy was fors gebou met ‘n lang wit baard en een oog. Hy was geklee in ‘n lang mantel en het ‘n hoed gedra. Hy het ‘n spies (Gungnir), ‘n mantel, ‘n slaprandhoed en ‘n ring (Draupnir). Vanaf hierdie ring drup daar elke negende nag, agt goue ringe af. Hierdie 8 goue ringe staan simbool vir die volgende 8 dae, waarna weer 'n heilige nag aanbreek. Die ou Germaanse week het uit 9 nagte bestaan. Odin/Wodan het twee kraaie (Huginn en Munnin) wat vir hom nuus bring. Sleipnir is sy agtbenige perd waarmee hy soos 'n stormwind deur die lug kan vlieg. Freki en Geri is Odin/Wodan se twee wolwe wat hom op die slagveld begelei.
Anonieme gebruiker