Verskil tussen weergawes van "Winnipeg"

656 grepe bygevoeg ,  11 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
k
'''Winnipeg''' is die hoofstad en grootste stad van die [[Kanada|Wes-Kanadese]] provinsie [[Manitoba]] met 633 451 inwoners in die stad (2006) en 739 000 (of twee derdes van die provinsiale bevolking) in die metropolitaanse gebied. Winnipeg staan bekend as die Poort na die Weste (''Gateway to the West'') en speel 'n belangrike rol as nywerheid-, vervoer-, landbou-, finansiële en onderwyssentrum.
 
Winnipeg lê naby die geografiese middelpunt van [[Noord-Amerika]], in 'n oorstromingsvlakte digby die samevloeiing van die Red- en Assiniboineriviere., en in die oorgangsgebied tussen die uitgestrekte woudgebiede van die [[Kanadese Skild]] en die oop graslandskappe van die [[Groot Vlaktes]].
 
Met die voltooing van die spoorweg tussen Winnipeg en die Kanadese ooste in 1885 het die stad 'n vinnige ekonomiese opswaai beleef. Die bevolking het van 25 000 in 1891 tot 540 000 in 1971 gegroei. Dit was byna 'n eeu lank die snelste groeiende stad in die Groot Vlaktes van Kanada, en eers met die ontdekking van olievelde in Alberta in 1947 het [[Calgary]] en [[Edmonton]] tot die twee beduidendste groeisentra ontwikkel wat Winnipeg in 1976 as grootste metropole in die Groot Vlaktes verbygesteek het.
 
== Klimaat ==