Verskil tussen weergawes van "'s-Hertogenbosch"

k
Spelfoutjies
(kat)
k (Spelfoutjies)
==Geskiedenis==
===Stigting van die stad===
Die naam 's-Hertogenbosch is 'n verkorting van die [[Nederlands]]e frase ''des Hertogen bosch'' - "die Hertog se Bos". Die Hertog waarna verwys word is [[Hendrik I, Hertog van Brabant]], wie se huis reeds vir vier eeue 'n groot landgoed naby Orthen gehad het toe Den Bosch gestig is op 'n sandopeenhoping in die middel van 'n deltagebied wat deur die Aa en die Dommel gevorm is. Volgens oorlewering het hy in [[1185]], op 26-jarige ouderdom, stadsregte en handelsvooregtehandelsvoorregte wat daarmee saam gegaan het verleen. Die stigtingsakte het verlore gegaan en die vroegste verwysing na die stad in eietydse bronne dateeer uit [[1196]]. Hertog Hendrik I het die stad gestig om sy belange teen [[Gelre]] en [[Holland]] te verdedig en die stad is van meet af as vestingstad beplan. Dit is in [[1203]] deur 'n gesamentlike ekspedisie van Gelre en Holland vernietig, maar is kort daarna herbou. Oorblyfsels van die ou klip stadsmure kan steeds besigtig word. Die nuwe stad het vinnig gegroei en teen 1300 het dit reeds 10&nbsp;000 inwoners gehad. Skippers uit Den Bosch het op die [[Ryn]] na [[Keulen]] gewaar om wyn te haal, na die [[Oossee]] vir haringvisvang en na Luik om kalk, natuursteen, wapens en geelkopervoorwerpe te bekom. Die stad se invloedsfeer het oor die hele oostelike deel van Noord-Brabant gestrek. In ongeveer [[1475]] is 'n baie groter stadsmuur opgerig om die stad se teen daardie tyd baie groter gevestigde gebied te beskerm. Kunsmatige waterweë waardeur die riviere [[Domme]] en [[Aa]] herlei is, is gegrawe om as stadsgrag te dien.<ref name=stadsarchief>[http://www.stadsarchief.nl/ Stadsarchief 's-Hertogenbosch], [http://www.stadsarchief.nl/content.cfm?contentid=3C84EF22-8021-0F65-06A1266A9BE63A28 Tijdbalk - Historie], besoek op 19 April 2008</ref>
[[Image:Stadhuisdenboschnl.jpg|thumb|right|250px|Stadsaal.]]
===Bloeitydperk===
Tussen [[1475]] en [[1525]] het 's-Hertogenbosch 'n bloeitydperk beleef. Dit het toe die tweede grootste bevolkingsseentrumbevolkingssentrum in die gebied van die hedendaagse Nederland geword, na [[Utrecht (stad)|Utrecht]]. Die [[Sint-Janskathedraal]] is in hierdie tydperk gebou. Die stad is in nege wyke verdeel wat elke sy eie buurtkapel en wykorganisasie gehad het. 's-Hertogenbosch was in die tydperk die geboorte plek van een van die belangrikste skilders van die noordelike [[renaissance]], [[Jeroen Bosch]] (c. 1450–1516). Die stad was ook 'n sentrum van musiek met talle komponiste, soos Jheronimus Clibano wat hulle opleiding by die katedrale in die stad opgedoenontvang het.<ref name=stadsarchief/>
 
===Verowering deur die Republiek===
Vanaf [[1525]] tot [[1795]] het die stad 's-Hertogenbosch 'n tydperk van wisselende ekonomiese opbloei en verval beleef. Die Nederlandse Opstand wat in [[1566]] uitgebars het, het die stad in krisis gedompel. 'n Poging deur Calviniste om die stadsbestuur met geweld oor te neem, het misluk na 'n hewige geveg tussen protestante en katolieke op die stad se markplein. In [[1579]], tydens die [[Tagtigjarige Oorlog]], het die stadsbestuur die kant van die Spaanse [[Habsburgers|Habsburgse]] koning gekies en daarmee saam hernude [[katolisisme]]. Nadat dit duidelik geword het dat die stadsbestuur nie sou oorgaan na die erkenning van die [[Unie van Utrecht]] nie en die [[Hertog van Parma]] om beskerming gevra het, het duisende inwoners weens godsdienstige, politieke en ekonomiese oorwegings uit die stad gevlug. Die platteland om die stad is geheel en al verwoes.<ref name=stadsarchief/>
 
Prins [[Maurits van Oranje]], die kommandeur van die [[Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande]], het in [[1600]] en weer in [[1603]] die stad onsuksesvol beleër. Toe die verwoestende [[Dertigjarige Oorlog]] in Duitsland uitgebreek het, het die Habsburgers probeer om die opstandige Republiek te breek deur dit van die hinterland af te sny. 's-Hertogenbosch het in hierdie tydperk die spil van 'n ring van vestings geword en groot bedrae is gespandeer op nuwe vestingwerke. Die middeleeuse klipmure is vervang met grondwalle wat grotendeels bewaar gebly het. Prins Maurits se broer, Prins [[Frederik Hendrik van Oranje]] loods egter in [[1629]] met sowat 30&nbsp;000 man 'n reuse teenaanval, die [[Beleg van 's-Hertogenbosch]]. Hy slaag daarin om die stad, met die bynaam "''[[Moerasdraak]]''" wat as onneembaar met destydse beleëringsmetdodesbeleëringsmetodes beskou is, na drie maande tot oorgawe te dwing deur die loop van die Aa en die Dommel te verlê en 'n nuwe veertig-kilometer-lange dubbele ringdyk op te rig en die polder wat ontstaan het met honderde perdemeulens droog te lê. As gevolg van die onverwagte nederlaag is die Habsburgse strategie volledig in die wiele gery. Tot [[1794]] het die stad dus deel geword van die Staatse besettingsone van Brabant, as onderworpe "Generaliteitsland". As dwangburg teen die katolieke inwoners is 'n enorme kasteel, fort "Papenbril", aan die noordekant van die stad opgerig.
[[Beeld:Uilenburgdenbosch.jpg|thumb|left|200px|Die Uilenburg]]
As deel van die Republiek (1629-1794) het die stedelike samelewing 'n ryk geskakeerde karakter ontwikkel. Handelsverkeer het van groot belang gebly en die stad het hom op ekonomiese gebied goed gehandhaaf terwyl die garnisoen 'n spesifieke stempel op die samelewing afgedruk het. Hoewel die bevolking hoofsaaklik katoliek gebly het, het godsdienstige diversiteit toegeneem met 'n omvangryke Nederduits-gereformeerde gemeente, 'n Waals-gereformeerde gemeente, 'n Lutherse kerk, en vanaf die laat sewentiende eeu 'n kleineklein joodseJoodse gemeenskap.<ref name=stadsarchief/>
 
===Revolusietydperk===
In [[1794]] is die stad sonder veel moeite deur die revolusionêre Franse leërs verower. Die [[Bataafse Republiek]], wat met Franse steun tot stand gekom het, ishet die Brabanders en katolieke vir die eerste keer in 165 jaar as volwaardige medeburgers opgeneem. In 1810 het [[Napoleon Bonaparte]] alle gebiede suidesuid van die [[Waal (rivier)|Waal]] by die [[Eerste Franse Keiserryk|Franse Keiserryk]] ingelyf as begin van die totale anneksasie van die [[Koninkryk van Holland]]. 's-Hertogenbosch het die hoofdstad van die departement Bouches-du-Rhin geword. In [[1813]] het die Pruise die FransenFranse weer verjaag en het 's-Hertogenbosch binne die [[Verenigde Koninkryk van die Nederlande]] die hoofstad van die provinsie Noord-Brabant geword. Die stad het nie aangesluit by die [[Belgiese Opstand]] van [[1830]] nie.
===Na 1830===
[[Beeld:S-hertogenbosch stad 1866.gif|thumb|right|250px|'s-Hertogenbosch in 1866]]
Die stad het vir lank 'n behoudende karakter gehad. As uitvalsbasis vir Die Suidelike Veldleër was dit tot [[1877]] verbode om buite die walle uit tebreite brei. Selfs toe daar uiteindelik met stadsuitbreiding begin is, het dit aanvanklik aarselend gebeur. Die stadskern is sodoende oorbevolk en verarm. In [[1900]] het die stad die hoogste kindersterftesyfer in Nederland gehad. Na [[1950]] is 'n poging aangewend om aan te sluit by die grootste agglomerasies van die land en is enorme bou- en sloopprogramme van stapel gestuur. Behoudende en progressiewe kragte het egter op 'n nippertjie na verhoedverseker dat die historiese stadskern nie verlore gegaan het nie. So het [[De Moriaan]], die oudste baksteenhuis van Nederland wat in die 13e eeu gebou is byvoorbeeld behoue gebly.
 
Die voormalige gemeentes Bokhoven, Empel, Meerwijk, en Engelen is in 1971 met die gemeente 's-Hertogenbosch saamgevoeg. Deur die samesmelting met die gemeente Rosmalen is die honderdduisend inwonermerk in 1996 oorskry. Ondanks die stad se groei het die historiese karakter van die stadskern redelik goed behoue gebly en vandag word restourasiewerk aan die historiese vestingwerke onderneem.
 
==Ligging==
As die noordelikste stad in Suidelike Nederland hetis diedaar goeie verbindinge met [[Nijmegen]] en [[Arnhem]] in die ooste, [[Utrecht (stad)|Utrecht]] en [[Amsterdam]] in die noorde, [[Tilburg]] en [[Breda]] in die weste en [[Eindhoven]], [[Veghel (plaats)|Veghel]] en [[Helmond]] in die suidooste. Die [[Randstad (gebied)|Randstad]], die Duitse [[Ruhrgebied]], [[Antwerpen (stad)|Antwerpen]] en [[Luik]] is ook maklik bereikbaar. laasgenoemdeLaasgenoemde twee verbindings stam uit die tyd van die [[Hertogdom van Brabant]]. Die stedelike gebied Waalboss is 'n kombinasie van die gemeente 's-Hertogenbosch, [[Oss]], [[Waalwijk]], [[Loon op Zand]], [[Heusden (Nederland)|Heusden]], [[Vught (gemeente)|Vught]], [[Bernheze]] en [[Maasdonk]]. Hierdie gebied beleef tans 'n sterk ekonomiese opbloei.
 
==Kuns en Kultuur==
 
===Beeldende kuns en keramiek===
Sowel historiese as eietydse beeldende kuns word in Den Bosch se museums en galerye uitgestal en die Centrum voor Beeldende Kunst (CBK) beywer hom vir die versterking en verbetering van die kunsklimaat in ’s-Hertogenbosch.<ref>[http://www.cbks-hertogenbosch.nl/ Centrum voor Beeldende Kunst (CBK)], [http://www.cbks-hertogenbosch.nl/index.cfm?art_id=29 over ons], Besoek op 19 April 2008</ref>
 
Den Bosch is ook 'n bekende sentrum vir keramiekwerk met die Akademie voor Kunst en Vormgeving / St. Joost, Cor Unum Contemporary Ceramics, die Europees Keramisch Werkcentrum en die Stedelijk Museum 's-Hertogenbosch wat in 2003 saam die stigting Den Bosch Keramiekstad (DBKS) gestig het om die stad Den Bosch te posisioneer as die stad 'waar het gebeurt' op die gebied van die moderne keramiek.<ref>[http://www.dbks.nl/ Den Bosch Keramiekstad], [http://www.dbks.nl/default.asp?p=10 Wie] en [http://www.dbks.nl/default.asp?p=11 Wat], Besoek op 19 April 2008</ref>
Koninginnedag in 's-Hertogenbosch word jaarliks deur die Stichting Koninginnemarkt georganiseer in die middestad van 's-Hertogenbosch en sluit in dans, musiek, salsa, beeldende kuns, opteredes en 'n rommelmark.<ref name=vvvdenbosch/>
 
Tydens karnavalstyd word die stad herdoop tot die Bourgondiese [[Oeteldonk]]. Anders as die karnavals in [[Limburg (Nederland)|Limburg]], waar die karnaval volgens de Rynlandse tradisie gehou word, hou 's-Hertogenbosch en [[Bergen op Zoom]] die karnaval volgens die Bourgondiese Karnaval tradiesie. Dit blyk byvoorbeeld daaruit mense in 's-Hertogenbosch in 'n ''boerenkiel'' aantrek om dit duidelik te maak dat in hierdie tydperk gewone range en stande binne die samelewing verval. Dit word ook weerspieël in die tydelike oordrag van die stadsleutel deur die burgemeester aan die "karnavalsburgemeester" (Peer vaan den Muggenheuvel tot den Bobberd).
 
In Augustus word die tien dae lange Theaterfestival Boulevard gehou waar teatermakers, musici, dansers en beeldendbeeldende kunstenaars hulle programme opvoer vir die sowat 100&nbsp;000 besoekers.<ref name=vvvdenbosch/>
 
==Verwysings==
245

wysigings