Verskil tussen weergawes van "Dione (maan)"

44 grepe bygevoeg ,  12 jaar gelede
k
robot Bygevoeg: lv:Dione (pavadonis); cosmetic changes
k (robot Bygevoeg: scn:Dioni)
k (robot Bygevoeg: lv:Dione (pavadonis); cosmetic changes)
[[BeeldLêer:Dione and Saturn.jpg|thumb|250px|Dione met Saturnus in die agtergrond, soos afgeneem deur Cassini in 2005.]]
 
'''Dione''' is een van die planeet [[Saturnus (planeet)|Saturnus]] se [[natuurlike satelliet]]e en is ontdek deur die sterrekundige [[Giovanni Cassini]] in 1684.<ref>Cassini, G. D.; [http://links.jstor.org/sici?sici=0260-7085%281686%2F1692%2916%3C79%3AAEOTJD%3E2.0.CO%3B2-J ''An Extract of the'' Journal Des Scavans. ''van'' 22 April N. 1686. ''Giving an account of two new'' Satellites ''of'' Saturn, ''discovered lately by Mr.'' Cassini ''at the Royal Observatory at'' Paris], Philosophical Transactions, Vol. 16 (1686-1692), bl. 79-85.</ref> Die maan is vernoem na Dione, een van die Titane in die [[Griekse mitologie]].
Daar word soms ook na Dione verwys as '''Saturnus IV'''.
 
== Naam ==
 
Cassini het die vier mane wat hy ontdek het ([[Tethys (maan)|Tethys]], Dione, [[Rhea (maan)|Rhea]] and [[Iapetus (maan)|Iapetus]]) die ''[[Sidera Lodoicea]]'' ("die sterre van Lodewyk") genoem, ter ere aan Koning [[Lodewyk XIV]] van Frankryk. Sterrekundiges het daaraan gewoond geraak om na die vier mane en [[Titan (maan)|Titan]] te verwys na as "Saturnus I" tot "Saturnus V". Na die ontdekking van [[Mimas (maan)|Mimas]] en [[Enceladus (maan)|Enceladus]] in [[1789]] is die stelsel uitgebrei tot "Saturnus VII".
Die huidige name van die sewe satelliete (destyds die enigste ontdekte satelliete) is afkomstig van [[John Herschel]] (die seun van [[William Herschel]]), die ontdekker van Mimas en Enceladus. In sy 1847-uitgawe van ''Results of Astronomical Observations made at the Cape of Good Hope''<ref>Soos gerapporteer deur, [http://adsabs.harvard.edu//full/seri/MNRAS/0008//0000042.000.html ''Monthly Notices of the Royal Astronomical Society'', Vol. 8, Nr. 3, bl. 42–43]. [[14 Januarie]], [[1848]].</ref> stel hy voor dat die name van die Titane, die broers en susters van [[Kronos]] (die Griekse weergawe van [[Saturnus (mitologie)|Saturnus]]), eerder gebruik word.
 
== Fisiese eienskappe ==
[[BeeldLêer:DioneRheaPIA08183.jpg|left|thumb|200px|Dione (regs) beweeg nader aan Rhea (links). Let op hul byna eenderse grootte. Geneem deur Cassini in 2006.]]
Dione bestaan hoofsaaklik uit [[Water (molekule)|waterwaterys]]ys. Die maan is egter die derde digste van Saturnus se mane (behalwe vir [[Enceladus (maan)|Enceladus]] en [[Titan (maan)|Titan]] wat se digtheid deur swaartekragsamepersing verhoog word) en dus word daar aanvaar dat 'n groot gedeelte (~ 46%) aan die binnekant van die satelliet uit digter materiaal, soos silikarots, moet bestaan.
 
Alhoewel dit ietwat kleiner en digter is, is Dione baie soortgelyk aan [[Rhea (maan)|Rhea]]. Hulle het soortgelyke albedo-eienskappe en dieselfde afwisselende terrein. Beide het ook verskillende voor- en agterhemisfere. Dione se voorste hemisfeer bevat baie kraters en is deurlopend helder. Die agterkant het egter 'n ongewone en merkwaardige oppervlakeienskap: 'n netwerk van helder merke en strepe op 'n donker agtergrond, bo-oor die kraters, wat aandui dat hulle nuwer is. Tans is bekend dat hierdie lyne ys-afgronde is.
 
=== Die ys-afgronde ===
[[ImageLêer:Dione_Carthage_Linea.jpg|thumb|200px|right|Skeure in die oppervlak breek deur kraters op Dione.]]
Tot en met onlangs was die oorsprong van die helder strepe en slierte op Dione se oppervlak onduidelik, hoofsaaklik omrede die enigste foto's van Dione van 'n baie groot afstand geneem was. Al wat bekend was, was dat dit 'n hoë weerkaatsingvermoë het en dat dit dun genoeg is om nie die oppervlakeienskappe onder dit te verberg nie. Een teorie het voorgestel dat Dione, kort na die maan se ontstaan, geologies aktief was en dat 'n proses soos ysvulkanisme 'n groot deel van die oppervlak opnuut gedek het, met die slierte gevorm deur ysvulkaanuitbarstings langs die skeure in Dione se oppervlak wat dan weer terug na die oppervlak geval het in die vorm van sneeu of as. Die teorie stel ook voor dat, na die interne aktiwiteite gestop het, die voorste hemisfeer steeds nuwe kraters bygekry het, wat die helder strepe en slierte aan daardie kant uitgewis het.
[[BeeldLêer:Dione surface.jpg|thumb|200px|left|Die skeure in Dione se oppervlak van naderby]]
Op [[13 Desember]] [[2004]], het die [[Cassini-Huygens]]-sonde verby die maan gevlieg en foto's op 'n nadere afstand geneem. Die bogenoemde teorie was as onklaar bewys: die foto's het bewys dat die helder strepe en slierte eintlik ys-agtige afgronde is wat veroorsaak is deur tektoniese breuke in die kors van die maan.
 
Die Cassini-omwentelingstuig het op [[11 Oktober]] [[2005]] nog nader aan Dione verbygevlieg, op 'n afstand van 500km en het kant-aansigte van die afgronde verkry wat wys dat sommige van hulle honderde meters hoog is.
 
=== Kraters ===
[[BeeldLêer:Dione-from-Cassini(Nov-2004).jpg|thumb|250px|In die foto, deur Cassini geneem in 2004, kan die helder ys-afgronde duidelik waargeneem word aan die regterkant, asook die groot kraters op die agterste hemisfeer van die planeet, hier aan die linkerkant.]]
Dione se ysige oppervlak het areas met baie kraters, areas met minder kraters, areas met min kraters en areas met tektoniese skeure. Die areas met baie kraters het verskeie kraters wat 'n deursnit van meer as 100km het. Die ander areas se kraters is oor die algemeen minder as 30km in deursnee. Sommige van dié areas het meer kraters as anders, maar oor die algemeen het die agterste hemisfeer meer kraters, terwyl die voorste hemisfeer minder kraters bevat. Sommige wetenskaplikes was egter verbaas oor hierdie ontdekking; in 1982 het die wetenskaplikes [[Eugene Shoemaker]] en [[Ruth F. Wolfe]] 'n kratermodel voorgestel wat wys dat 'n sateliet met 'n [[gebonde omwenteling]] meer kraters op die voorste hemisfeer sou bevat dan op die agterste hemisfeer.<ref>Shoemaker, E. M.; and Wolfe, R. F.; [http://adsabs.harvard.edu/cgi-bin/nph-bib_query?bibcode=1982stjp.conf..277S&amp;db_key=AST&amp;data_type=HTML&amp;format=&amp;high=45eb6e10af25897 ''Cratering time scales for the Galilean satellites''], in Morrison, D., editor; ''Satellites of Jupiter'', University of Arizona Press, Tucson (AZ) (1982), pp. 277-339</ref> Dit dui dus daarop dat Dione eens in 'n teenoorgestelde posisie in 'n gebonde omwenteling om Saturnus was. Omdat Dione relatief klein is, sou 'n impak wat 'n 35km krater agterlaat die sateliet in die rondte kon laat draai. Aangesien daar baie kraters is wat 'n grootte van 35km oorskry kon Dione meermale in die rondte gedraai het as gevolg van vroeë bombardering. Die patroon van onlangse kraters en die helder weerkaatsingvermoë van die voorste kant van die satelliet dui aan dat Dione vir die afgelope paar biljoen jaar in sy huidige rigting (ten opsigte van Saturnus) wys.
[[imageLêer:DionePIA07692.jpg|thumb|200px|left|'n Nabye aansig van Dione se kraters. Geneem deur Cassini in 2005.]]
Nes [[Callisto (maan)|Callisto]], besit Dione se kraters nie die hoë reliëf-eienskappe wat op die [[maan]] en [[Mercurius (planeet)|Mercurius]] waargeneem kan word nie. Dit is waarskynlik as gevolg van die instorting van Dione se swak yskors oor [[Geologiese tydperke]].
 
== Sien ook ==
* [[Saturnus (planeet)|Saturnus]]
* [[Natuurlike satelliet]]
* [[Saturnus se natuurlike satelliete]]
 
== Verwysings ==
{{Reflist}}
 
== Eksterne skakels ==
* [http://www.maniacworld.com/Saturn-Dione-Flyby.htm 'n NASA video van Cassini se benadering aan Dione.]
* [http://solarsystem.nasa.gov/planets/profile.cfm?Object=Dione Dione] by NASA se Ontdekking van die sonnestelsel.
* [http://www.planetary.org/explore/topics/saturn/dione.html The Planetary Society: Dione.]
* [http://photojournal.jpl.nasa.gov/target/Dione Beelde van Dione] by NASA se ''Planetary Photojournal''.
 
[[Kategorie:Natuurlike satelliete]]
[[la:Dione (satelles)]]
[[lt:Dionė (palydovas)]]
[[lv:Dione (pavadonis)]]
[[ms:Dione (bulan)]]
[[nl:Dione (maan)]]
47 778

wysigings