Verskil tussen weergawes van "Konserwatiewe Party"

 
==Toenemde steun==
Die K.P. het sy eerste tussenverkiesing in Mei [[1983]] gewen, maar twee tussenverkiesings op [[29 November]] [[1984]] verloor. In November [[1985]] is die N.P.-meerderheid in drie tussenverkiesings kwaai deur die K.P. verminder, hoewel die N.P. gelyktydig in al vier tussenverkiesings gewen het. In die eerste algemene verkiesing ([[1987]]) waaraan die K.P. deelgeneem het, het die party 547 559 (of 26,62%) van die stemme op hom verenig en die [[Progressiewe Federale Party]] (met 288 574 of 14,03% van die stemme) as die Amptelike Opposisie onttroon. Die N.P. was as gevolg van die K.P. se 22 setels en die 19 van die P.F.P. vir die eerste keer sedert [[1948]] links van die Amptelike Opposisie, nadat N.P.-propaganda oor die K.P.-gevaar baie verligte kiesers terug in die N.P.-laer gedryf het.
 
==1989-verkiesing==
84 881

wysigings