Verskil tussen weergawes van "Breyten Breytenbach"

Beeld
(Beeld)
[[Beeld:9.13.09BreytenBreytenbachByLuigiNovi1.jpg|thumb|250px|right|Breytenbach by die 2009 Brooklyn Book Festival]]
 
'''Breyten Breytenbach''' ([[16 September]] [[1939]], [[Bonnievale]]) is 'n [[Suid-Afrika|Suid-Afrikaanse]] skrywer en kunstenaar met [[Frankryk|Franse]] burgerskap.
 
==Lewe==
Breytenbach is gebore op 16 September 1939 in Bonnievale, 'n dorp in die [[Wes-Kaap]], ongeveer 180km van [[Kaapstad]] en 100km van die suidelikste punt van [[Afrika]] by [[Kaap Agulhas]]. Hy het kuns studeer aan die [[Universiteit van Kaapstad]] en het 'n toegewyde teenstander van die [[apartheid]]sbeleid geword. Hy verlaat Suid-Afrika en gaan na [[Parys]], [[Frankryk]] in die [[1960's]].
 
In Parys ontmoet hy Yolande Ngo Thi Hoang Lien, 'n Franse vrou van Viëtnamese oorsprong, met wie hy later trou. Kragtens die [[Wet op Verbod van Gemengde Huwelike]] 55 van [[1949]] was Breytenbach se huwelik in sy tuisteland ongeldig. Vanweë die onmoontlikheid om 'n gesamentlike visum vir hom en sy onwettige eggenote te bekom kon hy nie terugkeer nie. In [[1972]] word so 'n visum vir die eerste keer aan hom en Yolande toegeken en keer hulle, te midde van groot mediadekking, na Suid-Afrika terug vir 'n skrywerskongres aan die Universiteit van Kaapstad.
 
Wat sy letterkunde betref is Breytenbach met eerste oogopslag klassifiseerbaar as [[Surrealisme|surrealis]]. Sy debuutbundel, ''Die ysterkoei moet sweet'', kan as 't ware as een van die grootste vernuwende werke van die tyd gesien word. Die [[Surrealisme|surrealistiese]] invloed en die verkenning van die [[Zen]]-[[Boeddhisme]] word met gemengde gevoelens in [[Suid-Afrika]] ontvang. Dit is egter hierdie bundel wat hom groepeer met ander sogenaamde [[Sestigers]], vernaam [[Jan Rabie]] en [[André P. Brink]] wat ook rondom daardie tyd in Parys gewoon en geskryf het.
 
== Eksterne skakels ==
* [http://www.nyu.edu/fas/Faculty/Global/BreytenBreytenbach.html 'n Bladsy oor Breytenbach by die Universiteit van New York]
 
* [http://amsterdam.nettime.org/Lists-Archives/nettime-l-0204/msg00150.html Ope brief aan Generaal Ariel Sharon] (deur Breyten Breytenbach)
* ''[http://www.stellenboschwriters.com/breyten.html Stellenbosch Writers]''
21 705

wysigings