Verskil tussen weergawes van "Koos Kombuis"

1 greep verwyder ,  11 jaar gelede
Andre Letoit se eerste roman, die eksperimentele ''Somer II '', het in 1985 verskyn. Volgens Kombuis het Somer II gespot met die rolprent ''Somer'' wat 'n jaar of twee te vore uitgegee is en nie met CM van den Heever se ''Somer'' nie.<ref>Koos Kombuis, Die Tyd van die Kombi's - 'n Persoonlike blik op die Afrikaanse rock-rebellie, p60</ref> Somer II is gevolg deur ''Suidpunt-jazz'' was Kombuis, die eerste om onder sy nuwe naam Koos Kombuis te verskyn. "Dit is die verhaal van ’n skrywer, sy boek en sy karakters. Dit vertel ook die storie van ’n geskiedenisdosent se onthutsende besoeke aan die verlede, met ’n onkonvensionele aartsengel as metgesel – van Jan van Riebeeck se landing aan die Kaap tot Piet Retief se laer by Bloedrivier... En dit kan net tot een ding lei: ’n piekniek by Dingaan!" <ref>verwysings vir aanhaling</ref>
 
===Alternatiewe Afrikaanse Musiek BewegingMusiekbeweging===
 
In 1984 het die onafhanklike platemaatskappy Shifty Records 'n album met die naam ''Wie is Bernoldus Niemand'' van die kunstenaar [[James Phillips]] uitgegee. Koos Kombuis, wat toe nog as André le Toit bekendgestaan het, het in 1986 'n kopie van die album op die Groentemarkplein in Kaapstad gekoop. Hy is sodanig deur die album geïnspireer dat hy self 'n demonstrasie-kasset opgeneem het en aan Shifty gestuur het. Lloyd Ross van Shifty het hom laat weet dat hy hom wou opneem. ''Ver van die ou kalahari'' is in Mei 1987 in Johannesburg opgeneem.
21 705

wysigings