Verskil tussen weergawes van "Koos Kombuis"

345 grepe bygevoeg ,  11 jaar gelede
In 1977, terwyl hy steeds 'n pasiënt by Weskoppies was, is sy eerste kortvehaal gepubliseer, "Die Man met die Lang Ding" wat gehandel het oor 'n homoseksuele man wat nie sy seksuele voorkeure kon verwerk nie. Dit is in die ondergrondse literêre tydskrif ''[[Donga]]'' gepubliseer.<ref>Koos Kombuis, Die Tyd van die Kombi's - 'n Persoonlike blik op die Afrikaanse rock-rebellie, p50</ref> In Oktober 1978 is ’n gedig, "Gebed", in ''Inspan'', wat Donga opgevolg het gepubliseer. Dit sou later in 1981 lei tot 'n hofsaak teen Isobel Hofmeyr, die redakteur van die tydskrif, waarin die staat beweer het dat sy ’n ongewenste publikasie uitgegee het aangsien die gedig God aanspreek en dat dit ’n parodie op die "Onse Vader” is. Die aansoek is egter ter syde gestel.<ref name=Terblanche/>
 
Na sy ontslag uit Weskoppies het hy na die Kaap teruggekeer waar hy vir 'n tydlank kortverhale vir [[Huisgenoot]] geskryf het. Sy eerste kortverhaal wat in Huisgenoot verskyn het was "My pa se huis" (1979).<ref name=Terblanche/> Die verhale was opsetlike kitsch kortverhale vir vrouetydskrifte,
 
In 1980 is van sy poësie onder die naam André le Roux du Toit, in die digbundel "Brêkfis met vier", saam met werk van drie ander debutante, Daniel Hugo, Peter Snyders en Ettienne van Heerden, deur die Uitgewery Skoppensboer gepubliseer. Du Toit se werk begin in postmodernistiese styl met 'n "apologie waarin eksperimentering met dwelms openlik bely word en A.G. Visser grondig herskryf word". In die bundel handel die gedigte nie net oor "mooi" onderwerpe nie "maar ook oor die on-mooie, oor dwelms, waansin, apartheid, kanker, die dood".<ref>Joan Hambidge, [http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad/2005/05/23/VB/4Bk/01.html Tydsdokument 'n stukkie Africana - BREKFIS MET VIER], VOLKSBLAD - MAANDAG 23 MEI 2005, besoek op 30 desember 2009</ref>
Gedurende die vroeë 1980's is 'n aantal kortverhale gepubliseer.<ref>[http://www.kooskombuis.co.za Koos Kombuis], [http://www.kooskombuis.co.za/Biografie.html Biografie], Besoek op 10 Augustus 2008</ref> Dié sluit in ''Nou´s die Kaap Weer Hollands'' (1982), ''My Nooi Is In ´n Tikmasjien'' (1983) en ''Breekwater'' (1986). Ligte literatuur insluitend ''Kleingeld vir ´n terreurdaad'' (1984) en ''’n Roos vir die Karoomeisie'' is ook deur Perskor uitgegee.
 
Andre Letoit se eerste vollengte-roman, die eksperimentele ''Somer II '', het in 1985 verskyn. Volgens Kombuis het Somer II gespot met die rolprent ''Somer'' wat 'n jaar of twee te vore uitgegee is en nie met CM van den Heever se ''Somer'' nie.<ref>Koos Kombuis, Die Tyd van die Kombi's - 'n Persoonlike blik op die Afrikaanse rock-rebellie, p60</ref> Verskeie resensies beskou Somer II as 'n "punk-roman" , die eerste in Afrikaans. <ref>Jan Vermaak het in ''Prisma'' van Junie 1991 geskryf dat dit volgens Braam de Vries die eerste "punk-roman" in Afrikaans is.</ref> Resensies verwys ook na die "sterk invloed van Kerouac se On the road, met dieselfde doelloosheid, ewigdurende adolessensie en, uiteindelik, pathos, van die Beats."<ref>Verwysing</ref> "Die roman toon met sy afwisseling en rommelrigheid ’n verwantskap met Jack Kerouac se On the road, die ‘beat generation’ se klassieke roman oor seks, jazz en vryheid."<ref name=Terblanche>verwysing</ref>
 
Somer II is gevolg deur ''Suidpunt-jazz'' was Kombuis, die eerste om onder sy nuwe naam Koos Kombuis te verskyn. "Dit is die verhaal van ’n skrywer, sy boek en sy karakters. Dit vertel ook die storie van ’n geskiedenisdosent se onthutsende besoeke aan die verlede, met ’n onkonvensionele aartsengel as metgesel – van Jan van Riebeeck se landing aan die Kaap tot Piet Retief se laer by Bloedrivier... En dit kan net tot een ding lei: ’n piekniek by Dingaan!" <ref>verwysings vir aanhaling</ref>
21 705

wysigings