Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

k
 
== "Moskou op die heuwel" ==
Die UK is in die dekades na sy verskuiwing na Groote Schuur as 'n leidende navorsings- en onderwysuniversiteit gevestig en het dit gedurende die tydperk van 1960 tot 1990 die bynaam "Moskou op die heuwel" ontvang weens die instelling se volgehoue teenstand teen [[apartheid]], veral in die hoër onderwys. Die Universiteit het in die 1920's die eerste groepie swart studente toegelaat. Die aantal swart studente het tot en met die 1980's en 90's relatief klein gebly. Die instelling het met die land se oorgang na demokrasie 'n plan van interne transformasie van stapel gestuur.
 
Sedert die 1980's tot die vroeë 1990's het die aantal swart studente wat tot die Universiteit toegelaat is met 35% toegeneem. Teen 2004 was bykans die helfte van UK se 20 000 studente swart en net onder die helfte van die studenteliggaam was vroulik. Vandag het die UK een van die mees diverse kampusse in Suid-Afrika.
15 452

wysigings