Verskil tussen weergawes van "Yo-Yo Ma"

5 grepe verwyder ,  10 jaar gelede
 
Ma is getroud met Jill Hornor, 'n violis, in 1978. Hulle het twee kinders, Nicholas (24) en Emily (21). Ma se ouer suster, Yeou-Cheng Ma (Tradisionele Sjinees: 馬友乘; Vereenvoudigde Sjinees: 马友乘; pinyin: Mǎ Yǒuchéng), is ook in Parys gebore. Sy is 'n violis en is getroud met Michael Dadap, 'n kitaarspeler uit New York. Saam is bestuur hulle die Children's Orchestra Society (COS) in New York.
 
Ma werk tans met sy eie Silk Road Ensemble, 'n projek wat poog om musikante van verskillende lande wat histories deur die Silk Road verbind is.
 
Sy instrument van keuse is die tjello, Petunia, wat deur David Montagnana in 1733 in Venisië gemaak is. Hy het die tjello een malmaal per ongeluk in 'n taxi in New York vergeet. Een van sy ander tjellos, die Davidov Stradivarius, is voorheen deur Jacqueline du Pré bespeel en is aan hom gegee na haar dood. Du Pré het voorheen haar frustrasie oor die tjello se onvoorspelbaarheid uitgelaat. Ma skryf dit toe aan die feit dat die tjello nie goed reageer op Du Pré se passievolle speelstyl nie. Volgens hom moet die tjello gestreel word. Die tjello is onlanksonlangs as 'n baroktjello opgestel aangesien Ma dit uitsluitlik vir Barokmusiek gebruik.
 
 
 
== Speelstyl ==
Anonieme gebruiker