Verskil tussen weergawes van "Lewermos"

1 greep bygevoeg ,  12 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
(vertaal in taksoboks)
kNo edit summary
Die '''Marchantiophyta''' is 'n divisie van briofiete [[plant]]e wat algemeen bekend staan as '''Hepaticae''' of '''lewermosse'''. Soos ander briofiete het hulle 'n gametofiet-dominante lewensiklus waarin selle van die plant 'n enkele stel genetiese inligting oordra.
 
Na raming is daar sowat 6,000 tot 8,000 lewermossoorte. Sommige van die meer bekende soorte groei as afgeplatte blaarlose [[tallus (weefsel)|tallusse]], maar meeste soorte is blaarryk met 'n vorm wat baie aan 'n afgeplatte [[mos]] herinner. Blaarryke soorte kan betroubaar van oënskynlik soortgelyke mosse onderskei word deur hulle enkelsellige [[risoïede]]s. Ander verskille geld nie universeel vir alle mosse en lewermosse nie, maar die voorkoms van blare wat in drie range gerangskik is, die teenwoordigheid van diep lobbe of gesegmenteerde blare, of enige gebrek aan 'n duidelik gedifferensieerde stam en blare dui almal daarop dat die plant 'n lewermos is.
 
==Verwysings==
10 377

wysigings