Verskil tussen weergawes van "Pous Leo IX"

Geen grootteverandering nie ,  10 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
k (robot Bygevoeg: bg:Лъв IX)
'''Pous Leo IX''' was 'n neef van keiser Hendrik III en deur sy toedoen verkies as pous. Hy is bekend vir die deurvoering van die hervormings van [[Cluny]]. Hy stig die kollege van kardinale en vestig die top-bestuur van die kerk. In die Paas-sinode van [[1049]] word die selibaat vir die klerus weer bevestig en is simonie weer veroordeel. Op [[29 April]] [[1050]] hou hy 'n verdere Paas-sinode oor die leer van Alberic (of Berengar) van Tours.
 
Die pous het probeer om die Normandiërs in Suid-Iralië te bestry, maar hy is verslaan in die slag by Civitate op [[1518 Junie]] [[1053]]. Hy is gevang en in Benevento aangehou tot Maart [[1054]]. Daarna is hy terug na [[Rome]] waar hy sterf op [[19 April]] [[1054]].
 
Leo IX het die kardinaal Humbert van Mourmoutiers, kardinaal-biskop van Silva Candida, na [[Konstantinopel]] gestuur om die patriarg Michael I Cerularius te ekskommunikeer oor sy gedrag in Suid-Italië. Die patriarg het toe op sy beurt vir Humbert en die pous ge-ekskommunikeer en sodoende het die groot Westerse Skisma op [[16 Julie]] [[1054]] ontstaan. Hoewel dit oënskynlik oor ekskommunikasie en Suid-Italië gegaan het, was dit in werklikheid oor die oppergesag van die pous van Rome oor die Oosterse Kerk van die patriarg.
Anonieme gebruiker