Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

geen wysigingsopsomming nie
[[Lêer:UCT Jammie Plaza.jpg|thumb|right|250px|Die middelpunt van die opperkampus: Die Jameson-saal, die Jammie-trappe en die Jammie-plaza.]]
 
Die '''Universiteit van Kaapstad''' of '''UK''' ([[Engels]]: ''University of Cape Town'' of ''UCT'') is 'n [[universiteit]] geleë in [[Kaapstad]], [[Suid-Afrika]]. Dit is die oudste universiteit in Suid-Afrika en is een van die voorste onderwys- en navorsingsinstellings op diein [[Afrika]]-kontintent. Die universiteit het sosowat 23&nbsp;500 ingeskrewe studente, waarvan ongeveer 20% buitelanders is.<ref>http://www.uct.ac.za/about/intro/statistics/</ref> Die UK is volgens ''Times Higher Education'' die 146ste beste universiteit ter wêreld en is in daardie kategorie die enigste Afrikaniese Afrika-universiteit om onder die voorste 200 instellings wêreldwyd te eindig.<ref>http://www.commerce.uct.ac.za/commerce/news/2010/100114_wormald.asp</ref> Die ''Financial Times'' het die UK se MBA-program in 2010 as die 89ste beste ter wêreld aangewys en dit as tweede beste in dieter wêreld vir opvoedingsgeldwaarde benoem.
 
== Oprigting ==
Die Universiteit van Kaapstad is in 1829 as die South African College, 'n hoërskool vir seuns, gestig. Die Kollege het 'n klein tersiêre onderrigfasiliteit gehad wat geweldig begin groei het ná 1880 weens die ontdekking van [[goud]] en [[diamant]]e in die noorde van die land wat tot 'n groter aanvraag in mynvaardighede gelei het en die instelling gevolglik die nodige finansiële hupstoot gekry het wat dit nodig gehad het om te groei. Danksy toenemende befondsing uit die private sektor asook van die regering het die Kollege tot 'n volledig gevleuelde universiteit in die tydperk van 1880 tot 1900 ontwikkel. Gedurende hierdie jare het die Kollege sy eerste toegewyde wetenskaplaboratoriums laat aanbou en het dit die departemente van mineralogie en geologie begin om in die behoefte aan geskoolde arbeiders in die land se ontluikende diamant- en goudmynindustrieëgoudmynbedrywe te voorsien.
 
'n Ander sleutelontwikkelingsleutelontwikkelings gedurende hierdie tydperk was die toelating van vroue tot die instelling. Paul Daniel Hahn, professor in [[chemie]], het in 1886 die Raad oorreed om vier vroue op 'n toetsgrondslag in sy chemieklas toe te laat. As gevolg van die vroue se indrukwekkende werk het die Kollege in 1887 vroue permanent en ter ere van Queen Victoria's Diamond Jubilee toegelaat.
 
In die jare 1902 tot 1918 is die Mediese Skool gestig en is die ingenieurskursusse en die Departement van Onderwys ingelei.
84 100

wysigings