Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

enkelvoud
Die Universiteit van Kaapstad is in 1829 as die South African College, 'n hoërskool vir seuns, gestig. Die Kollege het 'n klein tersiêre onderrigfasiliteit gehad wat geweldig begin groei het ná 1880 weens die ontdekking van [[goud]] en [[diamant]]e in die noorde van die land wat tot 'n groter aanvraag in mynvaardighede gelei het en die instelling gevolglik die nodige finansiële hupstoot gekry het wat dit nodig gehad het om te groei. Danksy toenemende befondsing uit die private sektor asook van die regering het die Kollege tot 'n volledig gevleuelde universiteit in die tydperk van 1880 tot 1900 ontwikkel. Gedurende hierdie jare het die Kollege sy eerste toegewyde wetenskaplaboratoriums laat aanbou en het dit die departemente van mineralogie en geologie begin om in die behoefte aan geskoolde arbeiders in die land se ontluikende diamant- en goudmynbedrywe te voorsien.
 
'n Ander sleutelontwikkelingssleutelontwikkeling gedurende hierdie tydperk was die toelating van vroue tot die instelling. Paul Daniel Hahn, professor in [[chemie]], het in 1886 die Raad oorreed om vier vroue op 'n toetsgrondslag in sy chemieklas toe te laat. As gevolg van die vroue se indrukwekkende werk het die Kollege in 1887 vroue permanent en ter ere van Queen Victoria's Diamond Jubilee toegelaat.
 
In die jare 1902 tot 1918 is die Mediese Skool gestig en is die ingenieurskursusse en die Departement van Onderwys ingelei.
Anonieme gebruiker