Verskil tussen weergawes van "Laerskool Tafelberg"

2 237 grepe bygevoeg ,  10 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
 
http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1991/10/19/12/5.html
 
 
 
 
Streeknuus: Skiereiland
Leë blanke skole vandag bespreek
 
LEë skole in blanke gebiede sal vanmiddag onder bespreking kom wanneer 'n afvaardiging van ouers, onderwysers en leerlinge uit Khayelitsha 'n afvaardiging van die Kaaplandse Onderwysdepartement en die Departement van Onderwys en Opleiding ontmoet. Dit kom na die besetting van verskeie onbenutte skole die afgelope twee weke deur swart leerlinge wat in Khayelitsha in skofte moet skoolgaan weens 'n tekort aan skoolgeboue. Eergister het 'n duisend leerlinge van Thandokulu die ou skoolgebou van die Laerskool Tafelberg in Mowbray beset, berig ons opvoedkunde- verslaggewer. Die Kaapse Technikon het gister twee skole op sy Zonnebloem-kampus aan leerlinge beskikbaar gestel nadat sowat 1 500 leerlinge die terrein beset het. Volgens 'n woordvoerder van die Congress of South African Students (Cosas) is daar ook verskeie skole in veral die noordelike stadsgebiede wat die skoolnood van swart leerlinge kan verlig. Ook die publisiteitsekretaris van die ANC, mnr. Mziwonke Jacobs, het gister in 'n verklaring gesê die tekort aan skoolgeboue in swart gebiede het veroorsaak dat tot drie skooldagskofte per dag by skole ingepas moet word. Dit is onaanvaarbaar as skole in blanke gebiede leeg staan. Ons Tygerbergse redaksie berig dat heelwat skole in die Tygerberg tans leeg staan. 'n Paar klaskamers word verhuur aan private instansies. Sowat vyf klaskamers van die sowat veertien lokale van die Voorbereidingskool Parow-Vallei in Markstraat word die afgelope jaar deur die bewaarskool Kinderland benut. Dié skool is al vir 'n geruime tyd gesluit. Die hoof van die bewaarskool, mev. Maria van Eck, het gister by navraag gesê die skoolgebou is nog in 'n bruikbare toestand hoewel sy meen dat dele van die plafon in sekere klaskamers al laag hang, en sommige skryfborde vol gate is. Ook by die Laerskool Parow-Sentraal was daar nóg kind, nóg onderwyser. Mev. Bets Retief, sekretaresse van die Kaaplandse Voortrekkers, het Die Burger begroet. Volgens haar huur die Voortrekkers sedert Februarie twee lokale. In ruil daarvoor is hulle verantwoordelik vir die instandhouding van die grasperk voor die skool.
 
http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1992/08/28/14/28.html
85 042

wysigings