Verskil tussen weergawes van "Bathurst, Oos-Kaap"

k
geen wysigingsopsomming nie
 
k
'''Bathurst''', 'n dorp tussen [[Port Alfred]] en [[Grahamstad]] in die provinsie [[Oos-Kaap]], [[Suid-Afrika]], lê in die hart van die gebied waar die [[1820-Setlaars]] hulle gevestig het. Vir 'n lang tyd dien dit ook as die godsdienstige sentrum van die immigrante. Die kerk St. John, wat ook as die Setlaarskerk bekend staan, word vanaf [[1832]] opgerig. Tydens aanvalle van die Xhosa-stam dien dit ook as 'n toevlugsoord vir die inwoners van die dorp.
 
Die Ou WolmeulenWolmeul aan die oewer van die Bathurstrivier dateer uit die jaar [[1822]]. Dit is die eerste van sy soort in Suid-Afrika. Samuel Bradshaw, 'n wewer uit [[Gloucestershire]], rig die meulenmeul op om die groot tekort aan komberse en warm klere, wat die setlaars destyds pla, te verlig.
 
[[Kategorie:Oos-Kaap]]