Verskil tussen weergawes van "Albert Camus"

1 greep verwyder ,  11 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k (robot Bygevoeg: hy:Ալբեր Կամյու)
k
Albert Camus is gebore in [[Mondovi]], [[Algerië]] in 'n Frans-Algerynse gesin (Franse in Algerië is genoem die ''[[pied-noirs]]'' of swart voete). Sy ma, Catherine Sintes, was oorspronklik van Spaanse afkoms. Sy pa, Lucien, het tydens die [[Slag van die Marne]] in 1914 gedurende die [[Eerste Wêreldoorlog]] gesterf. Camus word in armoede groot in die woonbuurt Belcourt in Algiers.
 
In 1923 begin Camus met die [[hoërskool]] en word later tot die [[Universiteit van Algiers]] toegelaat. Op universiteit was Camus besonder geïnspireer deur een van sy onderwysers, Jean Grenier, wiewat hom gehelp het om sy literêre en filosofiese idees te ontwikkel. In 1930 doen hy [[tuberkulose]] op wat hom dwing om sy studies op 'n deeltydse basis voort te sit. Gedurende die tyd werk hy as private onderwyser, motoronderdele klerk asook by die meteorologiese instituut. Hy voltooi sy BA-graad in 1935. In Mei 1936, word sy tesis oor ''Plotinus, Néo-Platonisme et Pensée Chrétienne'' aanvaar ter verwerwing van sy ''diplôme d'études supérieures'' (gelykstaande aan 'n meestersgraad).
 
Camus sluit aan by die Franse Kommunisteparty in 1934, blykbaar uit kommer oor die politieke situasie in Spanje (wat uiteindelik gelei het tot die Spaanse Burgeroorlog) eerder as steun vir die Marxistiese-Leninistiese ideologie. In 1936 is die onafhanklik gesinde Algerynse Kommunistiese Party gestig. Camus het ook betrokke geraak by die ''Le Parti du Peuple Algérien'', wat deur die kommuniste verwerp is en is hy as ‘n Troskieïs beskou.
Camus het tussen 1955 en 1956 vir [[L'Express]] geskryf. In 1957 is die [[Nobelprys]] vir Literatuur aan hom toegeken. Die prys was nie vir sy roman Die Val, wat die vorige jaar gepubliseer is, toegeken nie maar vir sy skryfwerk teen die doodstraf soos in die werk "''Réflexions Sur la Guillotine''". Toe hy studente van die [[Universiteit van Stockholm]] toegespreek het, het hy sy klaarblyklike onaktiwiteit oor die Algerynse vraagstuk verdedig en verklaar dat hy bekommerd is oor die veiligheid van sy ma wat steeds in Algerië gewoon het. Hierdie uitspraak het verder sy verwerping van linksgesindes aan die hand gewerk.
 
Camus sterf op 4 Januarie 1960 in 'n motorongeluk naby Sens, in 'n plek genaamd "''Le Grand Frossard''". Camus word begrawe in die begraafplaats van Lourmarin, [[Lourmarin]], [[Vaucluse]], [[Provence-Alpes-Côte d'Azur]], Frankryk. Hy word oorleef deur sy tweeling, Catherine anden Jean.
 
== Evaluasie van die bydrae van Camus ==
86

wysigings