Verskil tussen weergawes van "Eugène Terre’Blanche"

geen wysigingsopsomming nie
Met die oorgang tot die nuwe bestel in die begin van 1994, weier die president van [[Bophuthatswana]], [[Lucas Mangope]], om by Suid-Afrika heringelyf te word. Mangope vra hulp van Afrikanerorganisasies en AWB-lede daag sonder uitnodiging op. In die daaropvolgende geweld word Mangope gedwing om van onafhanklikheid afstand te doen, maar 'n TV-span neem die moord op drie AWB-lede af wat terreggestel word deur 'n Bophuthatswana-weermaglid nadat hulle gewond is. Dié voorval het die einde van die AWB se gewapende stryd ingelui, hoewel die AWB op verkiesingsdag, 27 April 1994, bomme geplant het om die verkiesing te probeer ontwrig. Dit was egter onsuksesvol en die AWB en Terre'Blanche het baie steun verloor.
 
Terre'Blanche het aan die einde van die 1980's reeds begin steun verloor na 'n affair met 'n Engelstalige joernalis, [[Jani Allan]], terwyl baie AWB-lede bedank het as gevolg van beweerde drankmisbruik deur Terre'Blanche. Die AWB en Terre'Blanche se agteruitgang het egter gekulmineer in Junie 1997 toe Terre'Blanche tot ses jaar in die tronk gevonnis is nadat 'n petroljoggie en 'n plaaswerker ernstig deur Terre'Blanche aangerand is. Terre'Blanche was slegs een van drie blankes by die Rooigrond-gevangenis naby [[Mafikeng]] waar hy aangehou is. Hy is eers in Junie 2004 vrygelaat. In die gevangenis het hy 'n wedergebore Christen geword en na sy vrylating standpunt teen geweld aangeneem. HyMet issy dood was hy steeds leier van die AWB.
 
== Dood ==
86

wysigings