Verskil tussen weergawes van "Wêreldbank"

20 grepe bygevoeg ,  10 jaar gelede
k
+ sjabloon
k (robot Bygevoeg: fur:Bancje Mondiâl)
k (+ sjabloon)
Die '''Wêreldbank''' is die wêreld se grootste instelling vir ontwikkelingsamewerking. Die instelling verstrek lenings aan ontwikkelende lande en middelinkomste-lande, met die bestryding van armoede as hoofdoel. Hierdie internasionale bank is tegnies gesproke 'n gespesialiseerde organisasie van die [[Verenigde Nasies]]. Die finansiële steun wat deur die Wêreldbank verleen word, word vir verskeie doeleindes aangebring, van strukturele hervormings van 'n land se gesondheids- en onderwyssektor, tot omgewings- en infrastruktuurprobleme soos damme, paaie en nasionale parke. Die bank stel egter streng eise aan sy kliënte: sogenaamde "strukturele aanpassings" word vereis, soos antikorrupsiemaatreëls en privatisering van regeringsdienste.
 
{{VN-Organisasies}}
[[Kategorie:Banke]]
[[Kategorie:Internasionale ekonomiese organisasies]]