Verskil tussen weergawes van "Santa Catarina"

1 greep bygevoeg ,  11 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k (→‎Duitsers: Lêer:Casanv.jpg ingevoeg)
k
Die Brasiliaanse regering het talle "Duitse kolonies" gestig om die Duitse kolonisering van die gebied te bevorder. Hierdie kolonies was suiwer Duitse gebiede, waar mense uit verskillende dele van Duitsland hulle gevestig het. Aanvanklik was dit veral plattelandse boerderygebiede, maar baie van hulle tot dorpe en stede ontwikkel, soos byvoorbeeld Blumenau en Joinville, die grootste stad in Santa Catarina.
 
Die Duitse setlaars was dekades lank geïsoleer in hulle plattelandse gebiede, en hulle het nouliks in aanraking gekom met die ander inwoners van Brasilië. Sodoende is die Duitse taal en kultuur in Brasilië bewaar. Die situasie het eers sedert die dertigerjare van die 20ste eeu geleidelik begin verander. Toe Brasilië in [[1942]] oorlog teen Nazi-Duitsland verklarverklaar het, is die Duitse immigrante "verplig" om die Portugese taal aan te leer en by die Brasiliaanse leefwyse aan te pas.
 
Die Duitse invloed is deesdae nog steeds sterk en orals in Santa Catarina sigbaar. Baie dorpe, veral die kleiner gemeenskappe, bewaar nog steeds die Duitse kulturele tradisies, soos byvoorbeeld [[Pomerode]], 'n klein dorp met negentig persent Duits-Brasiliaanse inwoners, wat nog steeds Duitstalig is. Blumenau is net een van talle stede en dorpe, wat met hulle tradisionele [[Oktoberfest]] spog. Ook die argitektuur, tradisies en kookkuns word deur Duitse invloede oorheers.
86

wysigings