Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

49 grepe bygevoeg ,  9 jaar gelede
il
[[Image:Bundesarchiv Bild 183-2007-0705-500, Guido von List.jpg|thumb|Guido von List, 1913]]
[[Image:Bundesarchiv Bild 183-2007-0705-500, '''Guido von List.jpg|thumb|Guido''' von List([[Wene]], 1913[[1848]]Guido von- List, 1848-[[1919,]]) was 'n skrywer en [[okkultis]] van [[Oostenryk]]. Hy was gebore in [[Wene]] as deel van 'n baie vooruitstrewende familie wat handel gedryf het. Sy familie het 'n [[looiery]] as besigheid gehad maar Von List was nie baie suksesvol as besigheidsman nie. Hy het 'n karige bestaan gemaak deur artikels vir 'n tydskrif te skryf. In [[1888]] het hy suksesvol, 'n romanse met die naam [[Carnatum]] uitgegee. Die historiese romanse het 'n verhaal vertel van hoe [[Germane]] geveg het teen die [[Romeine]]. Hy het daarna nog twee suksesvolle romanses uitgegee wat voortgebou het op die tema. Sy skryfwerk het hom veral gewild gemaak onder die nasionalistiese Duitsers.
 
In 1902 het Von List meer betrokke begin raak by die [[okkult]] nadat 'n oogoperasie hom omtrent vir 'n jaar lank blind gelaat het. In hierdie tyd het hy vele [[mistisisme|mistieke]] ervarings gehad wat geassosieer was met die ou Noorse [[Rune-alfabet]]. Hy het die gefragmenteerde inligting oor Germaanse [[paginisme]] begin bestudeer. Hy het oortuig geraak dat dat 'n klas van koninklike priesters, die [[Armanen]], die Germaanse volke geregeer het. Hulle het al hulle geheime probeer bewaar toe die [[Christendom]] begin deur die Noorde van Europa begin versprei deur geheime organisasies soos die [[Kruisvaarders]], [[Vrymesselaars]] en die [[Orde van die Rosekruis|Rosekruisers]]. Von List het ook gesê dat die Armanen geforseer was om hulle geheime toe te vertrou aan Joodse Rabbi's van die Rhneland gedurende die 18de eeu. Hy was oortuig dat dit die oorsprong was van die [[Kabbalah]].
Von List het 'n groot invloed gehad op die 20ste eeu se [[okkult]] in [[Europa]]. Sy invloed was te danke aan die Guido Von List gemeenskap wat in [[1908]] gestig is om sy idees te bevorder. Die lede van die gemeenskap het rykes, konserwatiewes, nasionaliste asook okkultiste ingesluit. Die gemeenskap het ook 'n binne sirkel gehad wat bekend gestaan het as die "[[Hoër Armanse Orde]]" (HAO). Hierdie orde het pelgrimstogte gereel na paganistiese plekke. Von List was 'n inspirasie vir baie [[okkult]]iese bewegings vir talle dekades na Von List se dood. Von List se idees is geabsorbeer in baie Noorse en Germaanse [[neopaganime]].
 
== BronnelysBronne ==
*Guido von List - Wikipedia, the free encyclopedia. Available at: http://en.wikipedia.org/wiki/Guido_von_List [Accessed April 18, 2010].
 
 
*Thorsson, E., 1989. Rune might : secret practices of the German rune magicians 1st ed., St. Paul Minn. U.S.A.: Llewellyn Publications.
 
{{DEFAULTSORT:List, Guido von}}
[[Kategorie:Oostenrykse skrywers]]
[[Kategorie:Okkultiste]]
17 590

wysigings