Verskil tussen weergawes van "Nederlandse monargie"

k (robot Bygevoeg: cs, eo, id, io, it, pt, ro, ru, th Verander: en, nl)
Die huidige monargie is oorspronklik in 1813 gestig toe die Franse uitgedryf is en die destyde [[Prins van Oranje]] verklaar is tot soewereine prins van die [[Verenigde Nederland]]. Die status van die nuwe monargie is in 1815 bevestig by die [[Kongres van Wene]] as deel van die herindeling van [[Europa]] ná die val van Napoleon. Die hedendaagse [[Nederland]] en [[België]] is aan die Huis van Oranje-Nassau toegeken om oor te heers as die [[Verenigde Koninkryk van Nederland]]. Die koning van Nederland het ook die erflike groothertog van [[Luxemburg]] geword.
 
Die eerste koning van Nederland, [[Willem I van Nederland|Willem I]], was ’nvia direkteprinses afstammelingAlbertine -Agnes van Orane Nassau (kleindochter van prins Willem van Oranje)’n jongerdirekte broerafstammeling van [[Willem I van Oranje|Willem van Oranje]] wat Nederland sedert 1568 gelei het in hul tagtigjarige stryd om onafhanklikheid van [[Spanje]]. Sy familie het ’n groot invloed op die Nederlandse politiek gehad en was afkomstig van [[Dillenburg]], [[Duitsland]], tuiste van die [[Nassau (hertogdom)|Nassau]]-familie. Willem se titel "Prins van Oranje" het hy gekry deur sy erfenis van die Prinsdom van [[Orange (Frankryk)|Orange]], Frankryk, in 1544.
 
Abdikasie het ’n tradisie geword in Nederland. [[Wilhelmina van Nederland|Koningin Wilhelmina]] en [[Juliana van Nederland|koningin Juliana]] het albei geabdikeer ten gunste van hul dogters en [[Willem I van Nederland|Willem I]] het geabdikeer ten gunste van sy oudste seun, [[Willem II van Nederland]].
Anonieme gebruiker