Verskil tussen weergawes van "Pous Honorius III"

Geen grootteverandering nie ,  10 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k (robot Verander: ru:Гонорий III)
k
Sedert [[Pous Innocentius III]] was Engeland 'n vassaalstaat van die pous. Koning Jan sonder Land sterf op [[16 Oktober]] [[1216]] en sy tienjarige seun Hendrik III is sy opvolger. Die Engelse baronne was in opstand teen koning Jan en het die kroon aan Lodewyk, seun van die Franse koning Philip aangebied. Honorius het sy legaat Gualo opdrag gegee om by die baronne aan te dring dat hulle hulle wettige koning moet ondersteun en het hom (Gualo) die mag gegee om enigiemand wat aanhou om Lodewyk te ondersteun, te ekskommunikeer. Op [[19 Januarie]] [[1217]] skryf die pous aan William, hertog van Pembroke, wat die jong koning se voog en regent was, om oorlog te verklaar teen die opstandige baronne en prins Lodewyk. Hierdie maatreëls het daartoe gelei dat Hendrik as onbestrede koning van Engeland erken is op [[11 September]] [[1217]]. Toe Pembroke in Mei [[1219]] sterf, het Honorius self die de facto regering van Engeland geword deur sy legaat Pandulf wat Gualo opgevolg het. Die situasie het voortgeduur solank as wat Hendrik minderjarig was.
 
=== Verdere Werkwerk ===
Behalwe vir die herowering van die Heilige Land het die pous die [[Kathare]] vervolg. Hy het Simon de Montfort bevestig as die heerser oor die gebied van Raymond VI van [[Toulouse]] en het dit reggekry om die Franse koning by die konflik te betrek. Avignon is verower in weerwil van Frederik II se aansprake op die stad.
[[Lêer:Giotto di Bondone 073.jpg|thumb|left|250px|Franciscus van Assisi preek tot Honorius III (deur Giotto di Bondone, 1296-98)]]
{{reflist}}
 
== Eksterne Skakelsskakels ==
{{En-Wikisource info|Catholic Encyclopedia (1913)/Pope Honorius III}}
*{{CE|http://www.newadvent.org/cathen/07457a.htm}}
17 590

wysigings