Verskil tussen weergawes van "NG Kerk in Zambië"

In [[1933]] is die werk in die [[Koperstreek]] saamgevat in die [[NG gemeente Nkana]]. In dié provinsie is daar uiteindelik nog vier gemeentes afgestig. Ene W.C. Cilliers het reeds die ryk koperneerslae van die [[Koperstreek]] in 1902 ontdek, maar die gebied was ongeskonde boswêreld tot daar in 1925 met ontginning begin is. Binne die eerste vyf jaar het 10 000 blankes uit alle wêrelddele na [[Noord-Rhodesië]] gekom. Werk was volop en die salarisse goed. Skaars het die myne egter begin koper uitvoer toe pryse skielik weens die [[Groot Depressie]], wat van omstreeks 1930 tot 1935 geduur het, skerp daal en werkloosheid ontstaan. Later het die koperprys herstel en die myne onverpoos uitgebrei.
 
Die eerste NG lidmate in die [[Koperstreek]] het onder die sorg van die enigste Noord-Rhodesiese gemeente, [[NG gemeente Lusaka|Lusaka]], geval. Dr. H.C. de Wet van Lusaka was die eerste leraar wat vir NG lidamatelidmate in die [[Koperstreek]] verantwoordelik was. Midde-in die [[Groot Depressie]] stig Nkana van Lusaka af. Nkana was die myn by die huidige stad [[Kitwe]], wat die mees sentrale punt van al die ontluikende myndorpe was. 'n Sendeling van die [[Vrystaat]]se kerk, dr. M.W. (Malcolm) Retief, was die eerste leraar van die myne. Die uitgestrekte werkkring met sy veelsydige probleme het besondere eise aan die leraar gestel. Sy huis was dikwels as 't ware net 'n kuierplek omdat hy soms tot ses weke op 'n keer besig was om nagmaal elders te bedien, selfs tot in [[Lubumbashi|Elizabethville]] in die Kongo. Ná nege jaar se moedige, vasberade bediening het Retief en sy vrou terug [[Suid-Afrika]] toe verhuis. Ds. D.J Redelinghuys het hom opgevolg en vir die meeste van sy vier jaar lange bediening 'n hulpprediker, ene prop. Viviers met standplaas [[Mufulira]], gehad om hom by te staan. Ds. A.J. Erasmus het die herderstaf by Redelinghuys oorgeneem.
 
Die werk om vier myndorpe en [[Ndola]], sowel as die [[Demokratiese Republiek van die Kongo|Belgiese Kongo]] te bearbei, was te veel vir een predikant en in 1945 stig [[Noord-Rhodesië]] se derde gemeente, [[NG gemeente Mufulira|Mufulira]], af. [[Chingola]] was toe deel van [[NG gemeente Mufulira|Mufulira]], maar steeds het [[NG gemeente Nkana|Nkana]] uit drie dorpe bestaan: [[Kitwe]], [[Luanshya]] en [[Ndola]]. Die eerste leraar op Mufulira weas ds. T.A. Theron, wat tot 1950 gebly het. Dieselfde jaar stig [[NG gemeente Chingola|Chingola]] af met 'n bruidskat van ₤500 van die moedergemeente. Ná Theron se vertrek was die gemeente tien maande lank vakant tot hulle ds. P.J. Meiring op [[17 Maart]] [[1951]] ontvang.
Die derde gemeente in die [[Koperstreek]] was [[NG gemeente Luanshya|Luanshya]], wat in 1949 van [[NG gemeente Nkana|Nkana]] afstig. [[Ndola]] was met afstigting deel van Luanshya. Die eerste predikant was ds. W.C. van der Merwe wat in April 1950 bevestig is. Binne enkele jare was daar twee sendinggemeentes binne Luanshya se grense, wat in 1952 sowat 700 lidmate en 200 klaslede gehad het. Nie lank daar nie stig [[NG gemeente Ndola]] van Luanshya af as die laaste van die [[Koperstreek]] se uiteindelik vyf gemeentes.
 
Kort voor en veral ná [[Zambië]] se onafhanklikwording op [[24 Oktober]] [[1964]] het die afsonderlike gemeentes geleidelik doodgebloei. Teen 1975 het selfs Nkana verdwyn, sodat net [[NG gemeente Lusaka|Lusaka]] toe oorgebly het.
 
==Gemeentes elders==
85 790

wysigings