Verskil tussen weergawes van "Charles Somerset"

Geen grootteverandering nie ,  10 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
'''Lord Charles Henry Somerset''' (1768 - [[20 Februarie]] [[1831]] Brighton) was goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop.
 
Hy was die tweede oudste seun van die hertog van Beaufort (vandaar [[Suid-Afrika]]anse plekname soos [[Beaufort-Wes]], [[Port Beaufort]] en [[Fort Beaufort]]) en die kleinseun van admiraal Boscawen. Somerset kom op [[5 April]] [[1814]] in die Kaap aan. Sy ampstermyn was deurentyd stormagtig, hoofsaaklik vanweë sy outokratiese ingesteldheid. Die Britse Laerhuis het gereeld aantygings van uitspattigheid en finansiële onbevoegdheid bespreek. Hy het egter ook opreg in die bevordering van die landbou belang gestel en altyd die [[1820-setlaarsSetlaars]] in tye van nood bygestaan. Buiten bogemelde dorpe, dra ook [[Somerset-Wes]] en [[Somerset-Oos]] sy familienaam.
 
Sy groot stryd teen persvryheid het hom laat swaarde kruis met [[Thomas Pringle]] en [[John Fairbairn]], wie se ''[[South African Commercial Advertiser]]'' hy probeer onderdruk het.
84 885

wysigings