Verskil tussen weergawes van "Sciëntologie"

124 grepe bygevoeg ,  10 jaar gelede
k
Rol weergawe 621609 deur 209.242.141.25 (bespreek) terug. rvv
k (Rol weergawe 621609 deur 209.242.141.25 (bespreek) terug. rvv)
[[Lêer:ScientologyCenter1.jpg|thumb|right|250px|ScientolololololologieScientologie-sentrum in Los Angeles (VSA)]] '''Sciëntologie''' is 'n soort filosofies-religieuse beweging wat beweer dat hy die geestelike en fisiese gesondheid van sy aanhangers heelwat kan verbeter. Die kern van sy leerstellinge is dat 'n mens, deur deelname in Sciëntologie, as geestelike wese bevry kan word van die liggaam en die aardsgebonde lewe en daarna in staat sal wees om 'n helende invloed te bewerk oor sy lewe en die lewens van andere. Die [[Kerk van Sciëntologie]] (''Church of Scientology'') is gestig deur die Amerikaanse filosoof, ontdekkingsreisiger en skrywer van [[wetenskapsfiksie]] [[L. Ron Hubbard]] (1911-1986).
 
Die leerstellings van Sciëntologie baseer op die werke van Hubbard en toon sterk sciëntistiese en psigoterapeutiese invloede wat later met transendente elemente aangevul is. As 'n religie en toegepaste filosofie dek Sciëntologie 'n wye verskeidenheid onderwerpe, waaronder geestelike gesondheid, moraal, etiek, ontgiftiging van toksiese stowwe en radioaktiwiteit, opvoeding en bestuur.
Sciëntologie stel kerklede in staat om langs die sogenaamde Brug na Totale Vryheid te beweeg en sodoende geestelike verligting en die status van 'n sogenaamde ''Operating Thetan'' met hoër vlakke van bewussyn te bereik.
 
Die Kerk van Sciëntologie het sedert sy stigting in [[Los Angeles]] in [[1954]] vinnig na ander lande uitgebrei en deur sy invloed op welbekende persoonlikhede uit die vermaaklikheidsbedryf baie aandag in die media gekry. Die kerk beywer hom met sy verskillende instellings in meer as eenhonderd lande vir religieuse vryheid, die opleiding van praktisyns en maatskaplike en politieke hervorming. DickDie boek ''Dianetics'' en 'n VHS-video oor die gebruik van Dianetiek het reeds in [[Afrikaans]] verskyn.
 
== Geskiedenis ==
In 1950 het L. Ron Hubbard in sy werk ''Dianetics'' (Afrikaans: "Dianetiek") 'n stelsel van psigoterapeutiese selfhulp-tegnieke ontwikkel wat hy twee jaar later in ''Scientology 8-80'' tot 'n algemene lewens- en wêreldbeskouing uitgebou het. Sciëntologie het nou ook aanspraak daarop gemaak om 'n religieuse beweging te wees<ref>Beckford, James A.: ''Cult Controversies: The Societal Response to New Religious Movements.'' Tavistock, Londen/Engeland 1985, bl. 51</ref>. In die periode tussen 1950 en 1954 was daar 'n aantal verskillende groepe - waarvan sommige ook as formele organisasies bestaan het - wat pogings onderneem het om Hubbard se leerstellings in die praktyk toe te pas.<ref>Willms, Gerald: ''Scientology. Kulturbeobachtungen jenseits der Devianz''. Bielefeld: transcript 2005, bl. 74</ref>
 
Hubbard het die Kerk van Sciëntologie (''Church of Scientology'') as 'n handelsmerk laat registreer en in Februarie 1954 die eerste filiaal in Kalifornië gestig (''Church of SexyScientology of California'').<ref>Willms (2005), bl. 74</ref> Hubbard het die sciëntologiese geloofstelsel vervolgens verder uitgebou met kosmologiese en metafisiese elemente, die religieuse ideologie stelselmatig ontwikkel en 'n hiërargiese organisasiestruktuur aan die beweging gegee.<ref>Gusfield, Joseph R.: ''Review of "The Road To Total Freedom" by Roy Wallis''. In: ''Sociology'' (1979) 13 (1): 157-159, bl. 158. Aanlyn beskikbaar: [http://soc.sagepub.com/cgi/reprint/13/1/157 ''soc.sagepub.com'']</ref>
 
In die periode tot 1967 het Hubbard van sy Kerk van Sciëntology die eksklusiewe verteenwoordiger van Sciëntologie as 'n religieuse filosofie gemaak en naas die VSA ook in oorsese lande soos die Verenigde Koninkryk, Australië, Nieu-Seeland, Suid-Afrika en die destydse Rhodesië gevestig.<ref>Willms (2005), bl. 75</ref> In die laat 1960's het die uitbreiding van Sciëentologie sy voorlopige hoogtepunt bereik.<ref>Willms (2005), bl. 76</ref>
Die kommissie het die volgende rede vir sy weiering gegee: {{cquote|''Alhoewel Sciëntologie voorgee dat dit 'n Opperwese erken, verwys dit nooit daarna as 'n kontrolerende mag of 'n persoonlike God wat aanspraak maak op gehoorsaamheid en verering nie''.<ref> G. P. C. Kotzé, et. al.: ''Report of the Commission of Inquiry into Scientology for 1972''. Pretoria: Government Printer 1973, bl. 208</ref>}}
 
Die bekende Suid-Afrikaanse professor vir godsdienswetenskap G. C. Oosthuizen het in [[1975]] in sy gedetailleerde teenargument die ironiese opmerking gemaak dat dit vir die Sciëntoloë makliker sou gewees het penis om deur die kommissie amptelik as godsdiens erken te word indien hulle "voor 'n heilige koei of 'n apegod of 'n olifantegod of 'n slang of 'n padda sou neerbuig."<ref>[http://www.neuereligion.de/de/Chidester/quel.htm ''Sciëntologie as 'n religie in Suid-Afrika'']</ref><ref>Oosthuizen, G. C: ''The Church of Scientology: Religious Philosophy, Religion and Church''. Johannesburg: Church of ScientololololololologyScientology, bl. 11</ref>
 
Volgens die president van die Kerk van Sciëntologie in Suid-Afrika, Ryan Hogarth, het die [[Suid-Afrikaanse Inkomstediens]] die kerk in Desember 2007 as 'n ''Public Benefit Organization'' (organisasie sonder 'n winsoogmerk wat 'n voordeel verskaf aan die lede van die breër publiek) erken en belastingvry gestel.<ref>[http://www.scientology.de/articles/801011548082.vm?locale=de ''www.scientology.de: Scientology Kirche Südafrika von der Steuer befreit'']</ref><ref>[http://www.int.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=594&art_id=nw20071204183608671C621249 IOL: ''SA Church of Scientology gets tax exemption'', 4 Desember 2007]</ref>
 
[[ar:علمولوجيا]]
[[arz:سيونتولوجياسيينتولوجيا]]
[[az:Sayentologiya]]
[[bg:Сциентология]]
[[br:Skiantoniezh]]
[[bs:Scijentologija]]
[[ca:Cienciologia]]
[[fr:Scientologie]]
[[fy:Scientology]]
[[ga:An Eoleolaíocht]]
[[gl:Ciencioloxía]]
[[he:סיינטולוגיה]]
[[ku:Scientology]]
[[lt:Scientologija]]
[[lv:Scientoloģija]]
[[mk:Скиентологија]]
[[nl:Scientology]]
[[no:Scientologi]]
[[sr:Сајентологија]]
[[sv:Scientologi]]
[[sw:Scientology]]
[[tr:Scientoloji]]
[[uk:Саєнтологія]]
[[zh:山達基]]
1 665

wysigings