Verskil tussen weergawes van "Minoïese beskawing"

Geen grootteverandering nie ,  11 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
k
 
==Oorsig==
Wat die Minoïers hulself genoem het is onbekend. Die benaming "Minoïes" was 'n skepping van Arthur Evans na aanleiding van die mitiese [[Minos|"koning" Minos]].<ref>John Bennet, "Minoan civilization", ''[[Oxford Classical Dictionary]]'', 3de uitgawe, p. 985.</ref> Minos was in die [[Griekse mitologie|Griekese mite]] geassosieer met die [[labirint]], wat Evans in verband gebring het met die [[Knossos]] argeologiese perseel. Dit is soms beweer dat die [[Antieke Egipte|Egiptiese]] pleknaam "Keftiu" ('''*Káftiu''' ''kftiw'') en die [[Semities]]e "Kaftor", oftewel "[[Kaphtor]]" en "Kaptara" in die [[Mari, Sirië|Mari]] -argiewe na Kreta verwys; "Nietemin kan sekere erkende feite rakende Kaphtor/Keftiu kwalik met Kreta in verband gebring word," soos John Strange opgemerk het.<ref>Strange, ''Kaphtor/Keftiu: 'n nuwe ondersoek'', 1980:125; Strange herdruk die brontekste 16-112.</ref> In die ''[[Odussee]]'', wat eeue na die vernietiging van die Minoïese beskawing opgestel is, noem [[Homerus]] die Kretense inwoners [[Eteokretense taal|Eteokretensers]] (d.w.s. "ware Kretensers"); 'n volk wat die afstammelinge van die Minoïers kon wees.
 
Minoïese [[paleis]]e (anaktora) is die besbekende geboue wat op die eiland deur uitgrawings onthul is. Dit is monumentale geboue wat [[administratief|administratiewe]] fuksies vervul het, soos aangedui deur die groot [[argief|argiewe]] wat deur [[argeoloog|argeoloë]] opgegrawe is. Elk van die paleise wat dusvêr onthul is, beskik oor eie weergalose kenmerke, maar daar is ook gemeenskaplike kenmerke wat hierdie geboue onderskei van ander strukture. Die paleise het dikwels oor verskillende verdiepings beskik, met binne- en buite[[trapgang]]e, ligopeninge, massiewe [[Suil|suile]], voorraadstore en binnehowe.
10 112

wysigings