Verskil tussen weergawes van "Katedraal van Vilnius"

k
proeflees inleiding
k (proeflees inleiding)
Die '''Sint-Stanislaus- en Sint-Ladislauskatedraal''' in [[Vilnius]] ([[Litaus]] ''Vilniaus Šv. vyskupo Stanislovo ir Šv. Vladislovo arkikatedra bazilika'', kort ''Vilniaus katedra'') is die [[Rooms-Katolieke Kerk|Rooms-Katolieke]] [[katedraal]] van die aartsbisdom Vilnius, die hoofstad van [[Litaue]]. Aan die katedraal is in 1985 die eretitel ''[[Basilica minor]]'' verleen.
 
Die katedraal is aan die voet van die burgheuwel van die grootvorstelike paleis, die Gediminas-burg, in die historiese stadskern van Vilnius geleë en staan dus op historiese grond: Hierhier was 'n vroeë nedersetting geleë, en die kerkgebou is dus nou verweef met die Litause geskiedenis. HierDit is ook hier waar die grootvorste van Litaue bekroon en beduidende Litause persoonlikhede ter ruste gelê word.
 
Die basiliek gaan in sy huidige vorm terug op 'n ontwerp in die klassisistiese styl deur [[Laurynas Gucevičius]] en is in 1801 voltooi. Sy [[kloktoring]] (of ''[[campanile]]'') is net soos by talle ander [[Baltiese lande|Baltiese]] kerke as 'n vrystaande struktuur uitgevoer.
 
Die katedraalkerk is aan die heilige biskop Stanislaus van Krakau en die heilige Ladislaus I, koning van Hongarye, gewy, twee beduidende steunpilare van die Rooms-Katolieke Kerk in die 11de eeuse oostelike Sentraal-Europa.
28 939

wysigings