Verskil tussen weergawes van "Katedraal van Vilnius"

k
k (→‎Middeleeue: proeflees)
 
=== Vroeë moderne tydperk ===
Brandrampe in die 16de en 17de eeu het daartoe gelei dat die kerkgebou volgens die heersende boustyle herstel is - sodoende is [[Renaissance]]- (1534-1557, deur die Italiaanse argitek Bernardino Zanobia de Gianotti) en [[Barok]]-elemente (1612-1632, deur die Italiaanse boumeester Constantino Tencalla) bygevoeg en tegelykertyd (1624-1636) het ook die Kasimir-kapel ontstaan. Die oorlog met Moskou tussen 1654 en 1657 het verdere skade berokken so dat tussen 1666 en 1676 omvangryke herstelwerk in die binneruimte gedoen moes word. Die Kasimir-kapel se versierings is teen die einde van die 17de eeu aangebring. In 1769 is een van die twee kerktorings, wat tydens die herstelwerk in die Barok-styl by die portaal opgerig is, deur 'n bliksemslag getref. Ná sy ineenstorting, wat sewe menselewens geëis en ook groot skade by die kerkgebou berokken het, moes die katedraal gesluit word.
 
[[Lêer:Vilnius Belfry.jpg|thumb|left|200px|Die kloktoring]]
Die huidige Klassisistiese voorkoms van die katedraal gaan terug op 'n projek van die Litause argitek Laurynas Stuoka-Gucevičius wat vanaf 1783 uitgevoer is. Stuoka-Gucevičius, wat sterk deur die Klassisistiese boustyl van die Franse rewolusionêre tydperk beïnvloed is, is in 1798 oorlede toe die boubedrywighede nog aan die gang was, tog is die projek in 1801 onder leiding van die argitek Michael Schulz voltooi.
28 939

wysigings