Verskil tussen weergawes van "Goelag"

5 grepe bygevoeg ,  11 jaar gelede
k (robot Bygevoeg: lv:Gulags)
}}</ref><ref>[http://query.nytimes.com/gst/fullpage.html?res=9D00EED61F3DF932A25756C0A9659C8B63&sec=&spon=&pagewanted=print The Other Killing Machine], ''The New York Times''.</ref><ref>[http://www.telegraph.co.uk/news/main.jhtml?xml=%2Fnews%2F2003%2F03%2F02%2Fwgulag02.xml Stalin's forgotten victims stuck in the gulag], ''Telegraph''.</ref>
 
Volgens amptelike statistieke van die Russiese regering in 1993 was daar in 1939, dus kort ná die periode van die Groot Suiwering, 2 022 976 mense in die Goelag-kampe. ’n Wetsartikel oor vyandelike bedrywighede teen die staat, die berugte Artikel 58, het dit moontlik gemaak om feitlik enigiemand te arresteer as "vyand van die volk". Dit het ware politieke teenstanders en geestelikes ingesluit, maar ook byvoorbeeld sogenaamde klassevyande (soos mense van adellike afkoms), filateliste (weens verdagte belangstelling in die buiteland), gestremdes en oorlogsgevangenes wat tydens die Tweede Wêreldoorlog dwangarbeid in [[Nazi-Duitsland]] moes verrig (weens hulp aan die vyand). Sekere volke wat in die pad gestaan het van Russifikasie moes dit veral ontgeld, soos die Baltiese volke en Wes-Oekraïners. Ná die Poolse veldtog is honderdduisende Pole uit die ooste van Pole, wat deur Rusland beset is, na die Goelag gestuur.
 
Meer as ’n miljoen Goelag-gevangenes is in die Tweede Wêreldoorlog "vrygelaat" om in die Rooi Leër te dien.
37

wysigings