Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

 
===Kinder- en Vroue-arbeid===
Omdat dit swak besoldig was, is die arbeid van vroue- en kinders[[kinderarbeid]] deur die werkgewers uitgebuit. Die kinders van arm ouers is in fabrieke saamgehok as lappers (persone wat die gebreekte drade in die masjiene weer aanmekaar las). Selfs kindertjies van die ouderdom van vier en vyf jaar is gebruik om die afvalkatoen van die vloer af op te tel, en hulle moes van vyf- of sesuur in die oggend tot sewe- of agtuur in die aand werk, met kort onderbrekings vir maaltye. Die blaam vir hierdie toestand het nie net op die werkgewers gerus nie, want die ouers het hul kinders van hul jongste jare af as potensiële loontrekkers beskou. In die myne was die toestand nog erger. Hier moes vroue en seuns die steenkooltrokke deur die gangetjies trek waarvan party so laag was dat slegs klein kindertjies daardeur kon gaan. Die toestande waaronder die kinders in die myne gewerk het, was so sleg dat die sterftesyfer onder hulle in sommige gevalle vier of vyf maal so hoog was as in die nywerheidsdistrikte.
 
===Die Laissez Faire-beleid===
37

wysigings