Verskil tussen weergawes van "Klaipėda"

788 grepe bygevoeg ,  10 jaar gelede
k
Bygewerk
k (robot Bygevoeg: kw:Klaipėda)
k (Bygewerk)
 
In 1923 het Litause troepe die stad verower, tog het [[Adolf Hitler|Hitler]] Litaue in 1939 gedwing om Memel en sy omgewing, die [[Memelland]], weer aan die Duitse Ryk af te staan. Die stad is tydens die [[Tweede Wêreldoorlog]] grotendeels verwoes, terwyl sy oorspronklike bewoners verdryf is. Ná die oorlog het immigrante uit verskillende dele van die [[Sowjetunie]] hulle hier gevestig, en tans is nog sowat 30 persent van die bevolking Russiessprekendes. Die Universiteit van Klaipėda is in 1990 gestig. Klaipėda is daarnaas die hoofkwartier van Litaue se oudste brouery.
 
== Vervoer ==
=== Skeepvaart ===
[[Lêer:Klaipeda port.jpg|300px|thumb|left|250px|Die seehawe van Klaipėda]]
Die seehawe van Klaipėda is verreweg die grootste in Litaue - die land se tweede hawe in Šventoji ([[Palanga|Palanga-munisipaliteit]]) speel geen beduidende rol nie, terwyl die hawe in [[Būtingė]] hoofsaaklik as olieterminaal fungeer.
 
Die Klaipėda-hawe is meestal dwarsdeur die jaar ysvry en hanteer veral Russiese ru-olie wat na bestemmings elders in Europa verskeep word. Veerbote van die redery ''DFDS LISCO'' verbind Klaipėda met [[Kiel]] en Sassnitz in Duitsland, Denemarke en Karlshamn in [[Swede]]. Daar is ook 'n gereelde veerbootdiens van Klaipėda na die spits van die Koerse Skoorwal, terwyl 'n voormalige watersloot van die ou kasteel tans as jaghawe dien.
 
[[Kategorie:Nedersettings in Litaue]]