Verskil tussen weergawes van "Tomáš Berdych"

 
== Loopbaan ==
Tydens die Paris Masters van 2005 het Berdych sy eerste ATP Masters Series-titel gewen. Hy het in hierdie toernooi Jiří Novák, die tweede geplaasde Guillermo Coria, die dertiende geplaasde Juan Carlos Ferrero, die sewende geplaasde Gaston Gaudio, die agtste geplaasde Radek Štěpánek en die sesde geplaasde Ivan Ljubičić verslaan. Ander hoogtepunte uit 2005 was die verslaan van die wêreld se nommer twee [[Rafael Nadal]] in die eerste ronde van die Cincinnati Masters, die behaal van die finale van die Swedish Open en die behaal van die halwe finalehalffinaal in Washington. In 2006 het Berdych tydens die Gerry Weber Open sy eerste grasfinale behaal, waarin hy teen nommer een van die wêreld [[Roger Federer]] 0-6, 7-6, 2-6 verloor het. 'n Ander hoogtepunt uit 2006 was die verslaan van nommer twee van die wêreld Rafael Nadal tydens die Canada Masters 6-3, 4-6, 7-6(5).
 
In Oktober 2006 het Berdych sy tweede ATP-finale van daardie jaar in [[Moembaai]] behaal. In hierdie finale is hy egter deur die [[Rusland|Rus]] Dmitri Toersoenov verslaan. In die masterstoernooi van Madrid het Berdych Roddick en Nadal gewen en sodoende die halwe finale bereik.
Anonieme gebruiker