Verskil tussen weergawes van "Kosmogonie"

11 grepe bygevoeg ,  10 jaar gelede
k
Dubbelsinnigheid
(http://nl.wikipedia.org/w/index.php?title=Kosmogonie&oldid=22399391)
 
k (Dubbelsinnigheid)
Die kragte wat in daardie geheel aan die werk was, is daarna benoem, asook hul verhoudinge en interaksies. Maar ná lange tyd het die betekenisse van die name vergete geword en het die mens ten slotte alleen nog simboliese gepersonaliseerde godhede wat daarmee geassosieer word, en wat verder met die geskiedenis geëwolueer het. Opvallend in hierdie verband is dat ons Europese voorouers, nes die ou Indiese filosofie, aanvanklike die ''onsydige'' geslag gebruik het vir die aanduiding van grote godhede. Pas ná die kerstening van die Nordiese volke, het hulle 'n woord vir "god" begin gebruik wat manlik is, en dít alleen vir die Christelike God. Vir die eie pantheon het 'n woord vir "god" bly dien wat onsydig is. Net so verstaan mense in [[Indië]] met die begrip Brahman 'n oeressensie of oersubstansie waarmee en waarin en waardeur alles vorm aanneem.
 
Deur meerdere mitologieë, soos die [[Nordiese mitologie|Nordiese]], [[Griekse mitologie|Griekse]] en [[Tibetaanse mitologie|Tibetaanse]] mitologieëë is entiteite benoem as voorafgaand aan die hedendaagse wêreld, met die woorde [[titaan (mitologie)|titane]] of [[reus]]e, mitologiese slange of [[draak|drake]], om die nadruk op die gigantiese omvang van die kragte van die vormingsprosesse wat aan die begin van die [[heelal]] (die ''wêreld'') plaasgevind het, te lê. Andersyds is daar ook sprake van 'n wêreld van [[dwerg]]e wat in staat is om die dinge vorm te geedeur hulle in die [[mikrokosmos]] aan mekaar te smee, daar waar byvoorbeeld 'n god [[Thor]] reusagtige misbaksels in die [[makrokosmos]] met sy mitiese hamer weer uiteenslaan.
 
Die oorspronklike begrippe is hedendaags tot folklore en kindersprokies verwater. Maar die mitiese verhale verhul selfs in die vorm waarin hulle tot ons gekom het nog heelwat kennis en wysheid, waartoe moontlik selfs ons stoutste hedendaagse wetenskaplike visies nog nie in staat is nie.
== Moderne teorieë ==
Die moderne wetenskappe begin klaarheid in hierdie paradokse te vind, maar slaag nog nie daarin om hulle op te los nie. Byvoorbeeld kan 'n mens die huidige insig van die huidige teorieë — sowel die quasiklassieke (soos die [[relativiteitsteorie|algemene relativiteitsteorie]]) en die moderne (soos [[kwantummeganika]], snaar- en M-teorie) — in gedagte-eksperimente op hierdie drie kosmogoniese paradokse toepas. Die resulterende inkonsistensies kan die beste daartoe in staat wees om die menslike verstand te verwar wanneer 'n mens probeer om die beginsituasie van die heelal te verstaan sonder goddelike tussenkoms. Nietemin kan die drie paradokse rasioneel geanaliseer word op basis van subatomiese toepassing van die kwantumkosmologie — in die besonder deur die gebruik van die [[Schrödinger]]-golfvergelyking.
 
 
=== Algemene relativiteitsteorie ===
15 452

wysigings