Verskil tussen weergawes van "Die groot gedagte"

294 grepe bygevoeg ,  11 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
 
'''''Die groot gedagte: abstrakte weefsel van die komsos''''' is 'n 1997 nie-fiksie boek deur [[Gideon Joubert]] wat handel oor die ontstaan van die heelal en die rol wat [[God]] daarin gespeel het. Joubert was nie 'n wetenskaplike nie, en die boek is gevolglik op leke gemik, maar hy het met sy joernalistieke agtergrond hoofsaaklik op wetenskaplike feite staat gemaak om sy argument te ondersteun dat daar 'n God is wat die heelal tot ontstaan gebring het en [[ewolusie]] aan die gang gesit het. Hiervoor het die boek in [[1998]] die ''Insig''-prys vir nie-fiksie verower.<ref name="LitNetLeesKringe">{{webaanhaling |url= http://www.oulitnet.co.za/leeskring/199906.asp|titel= LitNet: LeesKringe|toegangsdatum=2010-10-28 |formaat= Webblad|werk= }}</ref> Van die inhoud en argumente is vanselfsprekend omstrede omdat dit op godsdienstige veronderstellings berus, maar Joubert se bydrae met ''Die groot gedagte'' is positief in Afrikaner-Christelike kringe ontvang. Die boek is in 1998 met die Andrew Murray-prys vir geestelike literatuur bekroon.<ref name="LitNetLeesKringe" />
 
''Die groot gedagte'' het teen Oktober 2010 meer as 32&nbsp;000 eksemplare verkoop.<ref>{{webaanhaling |url= http://www.dieburger.com/Suid-Afrika/Nuus/Gideon-Joubert-op-86-oorlede-20101028|titel= Gideon Joubert op 86 oorlede|toegangsdatum=2010-10-30 |formaat= Webblad|werk= Die Burger}}</ref>
 
== Verwysings ==
15 452

wysigings