William Nicol: Verskil tussen weergawes

98 grepe bygevoeg ,  11 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
No edit summary
No edit summary
Nicol was die stigter van Johannesburg-Oos se gemeenteblad, ''Irenenuus'', in Januarie 1923, waarmee hy die lidmate in hulle besondere situasie wou begelei op hulle geloofspad. Dit is in Afrikaans geskryf in 'n stadium toe die taal net-net 'n vastrapplek in skole begin kry het en dit selde van die kansel gehoor is. Nicol het in Augustus 1923 (jaartal onseker) geskiedenis gemaak toe hy die eerste preek in Afrikaans wat in die Unie oor die radio uitgesaai is, regstreeks in die radio-ateljees in die middestad gepreek het. Om 19:45 op Sondag [[7 Junie]] [[1924]], maak die leraar en gemeente weer geskiedenis toe 'n volledige diens in Afrikaans die eerste keer na die Unie uitgesaai is en wel vanuit die Irenesaal. 'n Maand later, op [[4 Oktober]] [[1925]], word die eerste nagmaaldiens uitgesaai, weer vanuit die Irenesaal en weer deur Nicol.
 
As 'n boeiende spreker en fyn kultuurmens het hy die Afrikaner in die stad geïnspireer en gehelp om sy minderwaardigheidsgevoel teenoor die Engelse stadskultuur te oorwin. InOp [[1 November]] [[1948]] het hy administrateur van Transvaal geword en tien jaar lank sy werk veral ten opsigte van opvoeding en kultuur voortgesit. Hy tree uit op [[1 Oktober]] [[1958]]. Hy was lid van die [[Nasionale Party]].
 
Nicol was nie bang om nuwe dinge op die proef te stel nie. Die gebruik van die nagmaalkelkies pleks van die beker tydens die 1918-griep getuig volgens van sy "praktiese benadering. Daar was verder die Vrywillige Weeklikse Offer, waarvolgens lidmate weekliks hulle dankoffers kerk toe moes bring. Nicol wou lidmate leer om volgens die Bybelse metode hulle dankbaarheid aan die Here te bewys."<ref>[http://www.up.ac.za/dspace/bitstream/2263/12911/1/DuPlessis_William(1995).pdf DD-proefskrif]</ref>.
85 928

wysigings