Verskil tussen weergawes van "Coenraad de Buys"

→‎Rustelose voortvlugtige: +skakel na Swarte Ommegang
(→‎Rustelose voortvlugtige: +skakel na Swarte Ommegang)
 
==Rustelose voortvlugtige==
Op die ouderdom van 21 jaar was dit reeds duidelik dat hy ‘n stormagtige toekoms tegemoet gaan. Hy raak betrokke by die opstand in [[Graaff-Reinet]] teen die koloniale bewind en was ‘n burger van die kortstondige republiek in Graaff-Reinet. Die nuwe Britse administrasie onder goewerneur Macartney verklaar hom voëlvry en loof ‘n beloning van 1 000 riksdaalders uit vir die persoon wat Buys aankeer – lewend of dood. Met die eeuwisseling bevind Buys hom by Gaika se Xhosas oor die [[Visrivier]]. Een ambisie van Buys was om [[Lourenco Marques]] (vandag Maputo) te bereik. Met volgelaaide waens gaan sy geselskap van 20 man (insluitende 2 vroue) deur die gebied van Gaika. Dit was ‘n mislukking. Hierna vestig Buys hom by dr. J.T. van der Kemp, sendeling van die Londense Sendinggenootskap, op Bethelsdorp. Hy tree op as tolk en adviseur en verwek kinders by Mary, ‘n inheemse vrou. Buys verhoed dat Van der Kemp die kinders doop. Omdat hy van mening was dat dit verkeerd is om buite-egtelike kinders te doop. Buys het verhoudings met verskeie vroue van alle moontlike etniese afkomste gehad. Hy en sy uitgebreide familie het getrou die Bybel gelees en hy het homself as ‘n patriarg soos Moses begin sien. Op Bethelsdorp ontmoet hy ook goewerneur J.W. Janssens, wat Buys beskryf as intelligent, maar uiters gevaarlik. Die reisiger Lichtenstein en kommissaris De Mist meld dat Buys besonder lank en groot gebou is en vriendelik, beskeie, maar geslepe is. Genl. Dundas, die Britse militêre bevelvoerder aan die Kaap, hef die voëlvryverklaring van Buys op. Omdat hy die Engelse wantrou en ‘n hekel aan hulle het, maak hy nie dadelik hiervan gebruik om na die Kaap terug te keer nie. Verhoudinge tussen Buys en Gaika het so versleg dat hy ‘n geselskap van 60 mense (swart, wit en gekleurd) met 3 waens, ‘n kar, 300 beeste en 25 perde lei op soek na Maputo. Kort na die einde van die eerste Britse besetting van die Kaap vestig hy hom naby die Attaquaskloof – waarskynlik by die huidige Buysplaas aan die [[Gouritsrivier]]. Sy versoek aan die owerhede om sy vlugtelingstatus op te hef, was geslaagd. Gou ondervind hy weer probleme. Die keer met die bure oor water- en weiregte. Ook gee hy getuienis teen hulle by die [[Swarte Ommegang]] se sitting op George. Met die gevolg dat hy weer versit.
 
==Die eerste Transvaler==
Anonieme gebruiker