Verskil tussen weergawes van "Klaipėda"

19 grepe bygevoeg ,  9 jaar gelede
k
k (Bygewerk)
== Bevolking ==
 
Tot die einde van die Tweede Wêreldoorlog was Klaipėda se bevolking merendeels van Duitse afkoms - so was byvoorbeeld ook alle straatname in Duits. Toe die Rooi Leër die stad in 1945 ingeneem het, was daar nog minder as vyftig bewoners wat agtergebly het. Die meeste inwoners van Klaipėda en sy omgewing het gevlug.
 
In teenstelling met die Kaliningrad-oblast is die oorspronklike Protestantse en Duitssprekende bevolking van die voormalige Memelland nie deur die Sowjet-owerhede verdryf nie, al was inwonersvan Duitse afkoms aan diskriminasie blootgestel en het minder minder regte geniet as immigrante uit ander dele van die Sowjetunie. Duitsers is eers in 1947 toegelaat om die Sowjet-burgerskap te aanvaar.