Verskil tussen weergawes van "Pous Benedictus XIII"

k
→‎Biografie: verwyder selfskakel
k (nuut)
 
k (→‎Biografie: verwyder selfskakel)
 
==Biografie==
'''Pous Benedictus XIII'''<ref>Benedict XIII. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.</ref> is gebore as [['''Pietro Francesco Orsini]]''' op [[2 Februarie]] [[1649]] in [[Gravina]], [[Koninkryk Napels]]. Hy was die seun van Fernando III Orsini, hertog van Gravina en Giovanna Frangipani della Tolfa. Hy was die laaste lid van die Orsini-familie wat pous geword het. Sy Orsini voorlopers was [[Pous Celestinus III]] en [[Pous Nicolaas III]]. Toe hy tot die orde van die Dominikane toegetree het, het hy die kloosternaam [['''Vincenzo Maria Orsini]]''' op [[13 Februarie]] [[1668]] aangeneem. Hy word prister gewy op [[24 Februarie]] [[1671]] deur kardinaal [[Emilio Bonaventura Altieri|Emilio Altieri]] (later [[Pous Clemens X]]). Vincenzo word kardinaal-priester van San Sisto op [[22 Februarie]] [[1672]] en was later biskop van Manfredonia, biskop van Cesena en aartsbiskop van Benevento. Op [[29 Mei]] [[1724]] volg hy [[Pous Innocentius XIII]] op en word gekroon op [[4 Junie]] [[1724]] deur kardinaal Benedetto Pamphili. Hy regeer tot sy dood op [[21 Februarie]] [[1730]] en word opgevolg deur [[Pous Clemens XII]].
Die naam ‘Benedictus’ beteken 'geseënde'.
===Kerklike loopbaan===
*[[18 Maart]] [[1715]] – Kardinaal-biskop van Porto e Santa Rufina.
*[[29 Mei]] [[1724]] – Pous van Rome.
 
==Pontifikaat==
Aanvanklik het '''Pous Benedictus XIII'''<ref>Healy, P. (1907). Pope Benedict XIII. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek Februarie 7, 2011 by: http://www.newadvent.org/cathen/02431a.htm</ref> homself Benedictus XIV genoem, maar nadat die vorige [[Teenpous Benedictus XIII|Benedictus XIII]] as teenpous geklassifiseer is, het hy die volgnommer XIII gebruik. Hy het probeer om die dekadente lewenstyl van die Italiaanse priesters en kardinale te versober. Hy het die lotery van Rome verbied. Volgens kardinaal [[Prospero Lorenzo Lambertini|Lambertini]] (later [[Pous Benedictus XIV]]) het die pous nie geweet hoe om te regeer nie en het regering oorgelaat aan kardinaal Niccolo Coscia. Niccolo was die pous se sekretaris toe Benedictus aartsbiskop van Benevento was. Kardinaal Coscia het die pouslike skatkis geruïneer en moes uit Rome vlug na die pous se dood.
10 600

wysigings